LAASTE WOORDE EN SLOT
Ons besef hoe OORWELDIGEND hierdie inligting wat gedeel is in hierdie boodskap kan wees! Dis anders as wat baie van ons gedink het, omdat dit nie so oorgedra is aan ons met ons grootword jare en selfs volwasse jare nie. Maar ABBA ROEP ‘n mens wanneer die tyd reg is om SY WONDERBARE GEHEIMENISSE TE LEER. Yeshua ons Messias sê dan ook aan Sy dissipels, na SY opstanding tydens die 40 dae in SY VERHEERLIKTE LIGGAAM op aarde, nadat hulle ‘n paar jaar saam met Hom was en deur Hom geleer is, in Johannes 16:12: “Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie (die NLV sê: “julle kan dit nie nou verwerk nie).” En so werk Abba met ons – Hy deel bietjie-vir-bietjie soos wat ons gereed word om dit te kan kou en verteer en dit te laat deel word van ons manier van dink, voel en leef.
Abba het ons ongeveer SEWE JAAR gelede GEROEP om te SOEK na “…die OU PAAIE, WAAR TOG DIE GOEIE WEG IS, om DAARIN te leef sodat ons RUS kon VIND vir ons SIELE” (volgens Jeremia 6:16). EN soos Joshua (ook uit die stam van EFRIAM waar ons inënt as nie-Jode), beveel is deur Abba in Josua 1:7-9 “Wees net BAIE STERK en VOL MOED, om nougeset (noukeurig) te handel (op te tree en te doen) volgens die HELE WET VAN MOSES (Genesis tot Deuternomium) , (wat) MY kneg, jou BEVEEL het; wyk daarvan NIE LINKS of REGS af nie, SODAT jy met GOEIE GEVOLG kan handel (optree en doen), ORAL wat jy MAG GAAN. HIERDIE WETBOEK mag nie uit jou MOND wyk nie; maar BEPEINS (oordink) dit DAG en NAG, sodat jy NOUGESET kan handel VOLGENS ALLES wat daarin GESKRYWE STAAN; WANT DAN sal jou WEË VOORSPOEDIG wees, en DAN sal jy met GOEIE GEVOLG HANDEL. Het EK jou nie BEVEEL nie: WEES STERK en VOL MOED, wees NIE BEVREES of VERSKRIK nie; want DIE HERE (YHVH) jou God is MET JOU ORAL WAAR JY HEENGAAN.” (Lees ook Spreuke 4:27).
EN dis beslis so, hierdie pad word dikwels nie deur die mense om jou verstaan nie en kan jy nogal bietjie voel asof jy “verstoot” word en dalk selfs “aangeval” word deur ander mense. Maar moenie laat dit jou ONTMOEDIG NIE – ALMAL wat ABBA ROEP na HIERDIE PAD ervaar dit, en so ONDERSTEUN en BEMOEDIG ons mekaar as NUWE GEMEENTE IN HOM. En moedig ons Messias en Raboeni (Leermeester) ons dan nie aan en praat ons moed in, wanneer Hy in Mattheus 5:10-12 sê: “Salig (gelukkig en geseënd), is die wat VERVOLG word ter wille van die GEREGTIGHEID (dit wat reg is voor Abba), want aan hulle behoort die koningkryk van die hemele. Salig (gelukkig en geseënd), is julle wanneer die mense julle BELEDIG en VERVOLG en VALSLIK ALLERHANDE KWAAD TEEN JULLE SPREEK OM MY ONTWIL. VERBLY en VERHEUG julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die PROFETE vervolg wat voor julle gewees het.”
En weet julle, ons het geleer kyk met liefde na die mens agter al die weerstand en teenstand want dis maar net omdat HIERDIE WEG (soos Paulus dit noem in Handelinge 24:14) VREEMD vir hulle lyk en voel en ONTHOU ALTYD ABBA het Sy eie tyd met ELKE MENS – Hy roep ons op SY PERFEKTE TYD – die feit dat jy vandag hierdie boodskap lees mag deel wees van SY ROEPSTEM. Wat ons VERSEKER WEET, is dat ABBA vir ELKE MENS wonderlike planne het en hulle stadig soonoe beweeg. Alhoewel ons ons lewens lank gelowiges is, het ons eers in ons laat 40’s en vroeë 50’s die pad begin stap. En ons PAAIE lyk anders, want ABBA lei ons elkeen op ander maniere, baie besonder beplan en ontwikkel deur Hom, perfek gefokus op die GAWES waarmee Hy ons elkeen toegerus het.
Hierdie SES DEEL BOODSKAP soos aan julle deurgegee, BEHOORT NIE AAN MY NIE, dit BEHOORT AAN GOD – ek kry ALLES uit SY KOSBARE WOORD. En boonop sou ek dit NOOIT op my eie aanmekaar gesit kon kry in SES DAE NIE! Ek het self BAIE geleer deur hierdie STUDIE wat in die eerste plek nie my IDEE of PLAN was nie want ek het al BAIE in die verlede inligting en vidoes oor die MISLEDING OOR KERSFEES uitgestuur en was REGTIG NIE LUS OM DIT WEER TE DOEN NIE. Maar toe Abba met my begin praat deur die SAGTE STEM VAN SY HEILIGE GEES IN MY GEDAGTES was my antwoord – JA ABBA, AS U MY HELP, KAN EK DIT DOEN! EN HY HET!
Ek kan dus GEEN erkenning vat vir die INHOUD van hierdie BOODSKAP nie, wel vir die URE ingesit om dit neer te SKRYF, MAAR DIT WAS ‘n FANTASTIESE, “EYE-OPENING JOURNEY!” ‘n FANTASTIESE REIS aan die HAND van MY GOD (YHVH) in die VOETSPORE van MY MESSIAS YESHUA waarin ek BAIE KERE net kon UITROEP in VERWONDERING oor SY GROOTHEID, SY ALMAG, SY OMGEE, SY GEDULD, SY GENADE, SY WYSHEID en KENNIS wat eenvoudig onmoontlik is vir ons mens verstand om te verstaan, maar waarvan Hy wonder stukkies met ons deel soos ons dit kan hanteer, STAPPIE-VIR-STAPPIE, en dan SY NIMMER EINDIGENDE LIEFDE VIR ONS AS MENSE. En al kan die SONDE, wat ons self KIES, ons van SY TEENWOORDIGHEID SKEI – VERGEET HY ONS NOOIT, net soos ons as OUERS NOOIT OOIT ons KINDERS kan vergeet nie – en selfs al kon ons ouers ons vergeet, sê HY in JESAJA 49:15-16 al sou ‘n mamma haar baba kon vergeet sal HY ONS NOOIT VERGEET NIE, want ons NAME is in SY HANDPALM geskryf – dis eintlik oor JERUSALEM gesê, maar ons weet MENSE is binne die STAD en in Openbaring 19:7-8 lees ons die STAD is die BRUID van die LAM en SY IS GEKLEE met REIN en BLINK FYN LINNE en dit is die REGVERDIGE DADE VAN DIE HEILIGES (die “set-appart”, mense wat vir God afgesonderd leef volgens SY voorskrifte).
EN dus kan ELKEEN van ons WEET, AL SIT ONS DALK in die DIEPSTE, DONKERSTE PUT, GEVANG en VASGEBIND deur die Satan, die slang, die draak, die duiwel soos hy in die WOORD genoem word (volgens Openbaring 12:9) – KAN ABSOLUUT NIKS ons van ABBA VADER se LIEFDE VIR ONS SKEI NIE – nie (Romeine 8:35-39). EN HY sal die SLEGSTE KEUSES wat ons self gemaak het of as gevolg van ander mense se KEUSES in beland, TEN GOEDE LAAT MEEWERK en ons HOËR HOOGTES, SAAM MET HOM LAAT BEREIK AS OOIT TEVORE AS ONS HOM TERUG LIEFHET BO ALLES want dan SIT HY op die TROON van ons LEWENS en kan die wêreld maar vergaan en almal kan jou maar verlaat en in die steek laat en in die rug steek, WANT HY IS ALTYD MET JOU as jy in GEHOORSAAMHEID aan HOM in SY SKUILPLEK bly (Psalm 91), want HY IS VOL LIEFDE en EENHONDERD PERSENT BETROUBAAR en HY HET JOU GESKEP met ‘n BAIE SPESIALE PERSOONLIKHEID (gawes en talente) vir jou ROEPING (die doel) wat Hy vir ELKEEN van ons op aarde het, en selfs in dit WERK HY, YESHUA ons MESSIAS saam met ons (Mattheus 28:20, Markus 16:20 en Handelinge hoofstuk 1) DEUR DIE VURIGE HEILIGE GEES VAN ABBA waarmee YESHUA ons DOOP as ons AFGESONDERD vir ABBA LEEF in SY TEENWOORDIGHEID in die HEILIGE TENT van jou SIEL (GEDAGTES en HART). En GEE HY vir jou die GAWES van die HEILIGE GEES soos en wanneer ons dit BENODIG! Glo my al hierdie dinge wat ons geleer het kom uit ons EIE woestynpad wat ons ook self moes loop. Maar ons dank ABBA vir elke stofpad en woestyn ervaring – want dit is DAAR waar ons, ons WARE MESSIAS raakloop – die EEN wat die STOFPAD en WOESTYNPAD op aarde VOOR ons en VIR ONS geloop het!
So daar in die stilte van afsondering en pyn en honger en dors, kom troos Hy jou met die BROOD en WATER van die LEWE – sodat jy NOOIT weer honger en dors hoef te wees na valse vleeslike dinge wat GROOT LEË BELOFTES maak maar wat die GAT in jou HART (wat bedoel is vir ABBA se VERBONDSARK/ SY TROON), nooit kan VOLMAAK nie. HY IS ONS SKEPPER wat KIES om HOMSELF ons VADER te NOEM en wat BY ONS WIL WOON sodat ons NOOIT ALLEEN deur ENIGE IETS hoef te gaan nie. En weet verseker, as ONS wegdwaal – KYK HY UIT soos die PA VAN DIE VERLORE SEUN, tot HY ONS in die VERTE sien aangestap kom – dalk kop ondersebo van skuldgevoelens, dalk vol vrees oor wat Hy gaan sê, dalk vol SKAAMTE oor wat ons ALLES GEDOEN het. Maar ABBA stel nie meer daarin belang NADAT ons TERUGKOM en ERKEN ons was op ‘n DWAALWEG nie, nee HY TOL IN DIE RONDE van BLYDSKAP omdat ons terug is, soos enige ouer se kind wat weg was.
Ons ALMAL se LEWENS TENTJIES het gaaitjies ABSOLUUT ALMAL! Ons maak soms die fout om na iemand se lewe te kyk en te dink DAAI TENTJIE is PERFEK – LEEF in PERFEKTE omstandighede – maar dit is nie moontlik om ‘n REIS op hierdie aarde te onderneem in die barre woestyn omstandighede en GEEN GAAITJIES te kry nie! Dalk “patch” sommige mense net hulle gaaitjies (steek weg), sodat iemand anders nie die gaaitjies kan sien nie en sommige mense het regtig min en klein gaaitjies want dis deel van hulle DOEL en REIS met Abba. Ek en jy weet nie wat ABBA vir ELKEEN van SY KOSBARE MEESERSTUKKE in gedagte het nie. Ons GAAITJIES word gemaak in ons lewens tentjies deur harde woorde van ander, bedrog, teleurstellings, rugstekery, in die steek gelaat deur mense wat jy vertou het, seergemaak, behandel sonder respek en menswaardigheid, verlies aan mense, skaamte oor familie, misbruiking, besteel, mishandel, aangerand en nog baie meer. MAAR DIE GOEIE NUUS IS, ONS AANBID ‘n GOD wat ALLES WAT KROM EN SKEEF IS REGUIT KAN MAAK en ALLES wat STUKKEND is HEEL KAN MAAK en ALLES WAT DEUR ANDER of die BOSE BEDOEL is om ons te VERNIETIG, kan neem en BAIE GOED DAARUIT KAN LAAT VOORTSPRUIT AS ONS HOM LIEFHET want ons is GEMAAK EN GEROEP VIR SY DOEL op aarde! En van ons TENTJIES het BESLIS MEER en GROTER gaaitjies as ander. Maar dink so daaraan – hoe GROTER JOU GAAITJIES is, HOE MEER LIG kan HY DEUR JOU SKYN om ander die pad na HOM TE WYS!
Nou ja ek het nou BAIE GEPRAAT – my punt is – as jy hierdie inligting bruikbaar vind, DEEL dit tot VERHEERLIKING van SY NAAM en die WAARHEID soos HY JOU LEI. Ek het dit VERNIET by HOM GEKRY en DAAROM GEE EK DIT AAN JOU VERNIET!
My gebed is dat Abba jou op jou EIE KOSBARE REIS saam met HOM SAL NEEM op jou LEWENSPAD vorentoe en dat JY IN SY LIEFDE so GEBORGE sal wees dat jy HOM, soos ek vir myne, vir al jou STUKKENDE GAAITJIES in jou AARDSE TENTJIE sal loof en prys – want HY WAS DAAR EN het vir jou gewag, sodat HY SY WONDERBARE LIG, SY VUURVLAM (die HEILIGE GEES) in jou AAN DIE BRAND KAN STEEK en SY WONDERWERKENDE, “JAW-DROPPING” LIG deur ELKE GAATJIE van jou kan SKYN en jou TENTJIE so bewonder word deur ANDER mense dat hulle sal SOEK na HIERDIE WONDERLIKE LIG VOL LIEFDE en HOM SAL VIND. Deur Sy LIG wat jy uitdra – juis omdat jou tentjie verweer en vol gaaitjies is, want weet jy – as ons TENTJIES heel sou bly, sou daar amper NIKS van HOM deur ons SKYN nie, net ‘n piepklein flou liggie wat niemand dalk eers kan sien nie! Mag jy ONTDEK WIE JY IS IN HOM en JUIG DAAROOR, MAG JY SING OOR HOM EN VIR HOM ELKE DAG en MAG JY JOU FANTASTIESE DOEL ontdek – dit waarvoor Hy jou so versigtig en met intensie geskep het – DIE KROON van SY SKEPPING – mooier en beter as enige blommetjie, berg, voeltjies, diertjies en wat jy ookal kan aandink, SPESIAAL soos jou VINGERAFDRUK en AL DIE ANDER EIENSKAPE van JOU – HY MAAK net EEN MEESTERSTUK op ‘n SLAG – ELKEEN KOSBAAR vir HOM, ELKEEN VOKOME UNIEK, ELKEEN GEMAAK VIR ‘n SPESIFIEKE DOEL. AL WAT DIT VRA om AL HEIRDIE WONDERLIKE ERVARINGS en SY VREDE te ervaar – die VREDE wat ALLE VERSTAND te bowe gaan, is GEWILLIGE GEHOORSAAMHEID aan HOM. En ek daag jou uit – probeer dit en jy sal vind, jy wil NIKS ANDERS DOEN as HIERDIE GOD wat ons DIEN se ABSOLUTE WIL NIE!
SEËN en GUNS vir jou op jou LEWNESPAD, ons ken mekaar dalk nie hier op aarde nie omdat ons nie die voorreg gehad het dat ons LEWENSPAADJIES gekruis het in persoon nie, maar mag ons EENDAG ONTMOET in die KONINKRYK van ons HEMELSE VADER!
SHALOM, mag die die PRINS VAN VREDE (SAR SHALOM) YESHUA ons MESSIAS jou en jou geliefdes OORSWELDIG met SY ONVERSTAANBARE VREDE en GROOT BLYDSKAP hierdie TEMPELWYDINGSFEES!
Vriendelike groete.
NASKRIF:
MY ONDERVINDING MET ‘N REGTE VLAKVARKIE IN DIE BOS
Kort na die neerpen van die TEMPELWYDING boodskappe, het ons vir ‘n paar dae bosveld toe gery. Op die voorstoep het ‘n vlakvark mamma besluit die gaaitjie, eintlik vir HOUT bedoel, is die PERFEKTE veilige plekkie om aan haar twee babatjies geboorte te skenk! En hier lê die twee toe diep agter in die hoekie styf teen mekaar – nog piepklein, ongeveer ‘n week en ‘n half oud.
Die mamma is nie daar toe ons ariveer nie want sy is weg om te gaan kos soek terwyl die twee babas soet slaap. So teen 17:00 roep my man my om te kom kyk want die mamma is terug en daar loop sy en die twee babatjies en wei in die tuin! Te kosbaar. En omdat ons gewoond is om vir die varkies vrugte en groente skille te gooi gryp ek die bak en hardloop by die deur uit om vir haar die skille neer te gooi net agter die stoep muurtjie. Ek is toe maar versigtig dat sy my dalk kan storm om haar babatjies te beskerm. MAAR toe gebeur heeltemal die TEENOORGESTELDE!
Sy en die twee baba varkies SPAT elkeen in sy eie windrigting! Die mamma hardloop toe wind op en die twee babatjies, so groot soos twee baksteentjies, snol verby die stoep wind af en hulle verdwyn in die groot wye stuk bosveld agter die huis! En my hart breek want my eerste gedagte is WAAR gaan die mamma weer hierdie twee brose varkies kry, dit begin skemer word en die vlakvark bere maak die kleintjies dood as hulle alleen op hulle afkom.
Die mamma kom toe terug, steek haar snoeitjie vinnig deur die houtheiningkie aan die voorkant en bespied die erf maar sien geen baba nie en sy hardloop om en verdwyn in die bos. Ek is toe omtrent “heart broken”! My man moet bontstaan om my te troos. En ek vra vir Abba Vader om hierdie gesinnetjie weer te verenig. Want Hy weet mos waar hulle is en Hy gee soveel om vir Sy natuur dat selfs nie EEN voëltjie op die grond val sonder dat Hy daarvan weet nie. En soos ons weet is ABBA VADER, ‘n GOEIE en GENADIGE VADER en ongeveer ‘n uur later roep my man my weer en se EEN van die babatjies is terug op die STOEP onder die braaier en ek staan verstom dat so ‘n klein diertjie, op ongeveer een en ‘n half week al self sy huisie kan vind! En ek dink wat ‘n WONDERLIKE GOD DIEN ons en ek LOOF en EER en PRYS HOM! Omtrent so 20 minute later kom mamma aangehol met die ander babatjie kort op haar hakke, reguit na die vrugte en groente skilletjies en sy smul te heerlik. Maar baba boetie wat onder die braaier wag besluit sy mamma bly darem nou te lank weg en daar vat hy toe weer die pad! Gelukkig toe net reg rondom die huis langsaan en terug op die stoep, maar TOE sit hy ‘n groot keel op. Sy mamma wat net agter die muurtjie smul hou dadelik op eet en draf om om vir boetie te wys sy is daar. En toe hy haar nie sien nie gee sy ‘n snork/blaf amper asof sy hom roep en toe is al drie weer verenig. Die babas drink en daarna wandel mamma en die twee babas weg – op soek na ‘n VEILIGER plekkie vir ‘n nuwe huisie.
Ek het my aan die volgende dinge verwonder:
- Hoe het die klein babavarkie self weer sy slaap plekkie kon opspoor?;
- Die feit dat die mamma haar twee babatjies heeldag alleen by hulle slaapplek los waar hulle vas slaap sonder om ‘n ooglid te roer TOTDAT hulle mamma kom, dan staan hulle eers op;
- Die sorgsaamheid en liefde van hierdie mamma;
- Maar BO ALLES vewonder ek my oor DIE LIEFDE VAN ONS VADER VIR MENSE, DIERE en SY HELE SKEPPING!
So hoekom vertel ek hierdie VARKIE storie?
Omdat dit nodig is dat jy moet WEET, die VARKOFFERS en EET VAN VARKLVLEIS in die ONTHEILIGING van die TWEEDE TEMPEL en die SIMBOLE wat deel vorm van die KERSFEES TRADISIES en basies ‘n ONTHEILIGING van ONS as GOD se TEMPELS is, en ‘n BESPOTTING van HOM is, is BOOS en word so beplan en gedoen deur bose mense aangevuur deur die Satan en sy bose magte. Maar Abba VADER se SKEPPING is WONDERLIK EN VOLMAAK – elke dier, rein of onrein met sy spesifieke en spesiale plekkie vir ‘n spesifieke DOEL en toegerus met wonderlike eienskappe – dus is die PIENK VARKIE nie boos nie. Dit is die MISLEIDING rondom die SIMBOLE en KERSFEES TRADISIES wat ontstaan het wat boos is en daarop ingestel is om ‘n BESPOTTING te maak van die DRIE MAAL HEILIGE, ALMAGTIGE, GROOT en LIEFDEVOLE GOD wat ons dien en DIT is HIERDIE TRADISIES en SIMBOLE wat ons kies om voor ABBA VADER bely, SY VERGIFNIS te VRA en WEIER OM VERDER DAARAAN DEEL TE NEEM.