Skip to content

DEEL 6:

MISLEIDING WAT IN DIE TEMPELWYDING FEES INGESLUIP HET HET ONEDER DIE NAAM: KERSFEES

24 November 2024

Ons gaan gesels oor al die bose simbole en praktyke wat die wêreld deel gemaak het van KERSFEES om die ware betekenis daarvan te veskuil maar eers gaan ons gesels oor die WAARSKUWINGS in die WOORD oor MISLEIDING.

Nogal interessant in die TWEEDE TEMPEL ontheiliging in 167-164 voor Yeshua die Messias se geboorte, lees ons in 1 Makkabeërs 1:46-50 & 62 moes: “Die Heiligdom (m.a.w die TWEEDE TEMPEL) met sy werkers (die stamvn Judah en Benjamin, bekend as die Jode), van hulle EER GESTROOP word, terwyl heidense altare, tempels en plekke om afgode te aanbid oral gebou moes word. Vir OFFERS moes hulle VARKVLEIS of die VLEIS van ONREIN DIERE GEBRUIK en is ook gedwing om VARKVLEIS te eet…en moes tevrede wees om in die OREINHEDE en ONHEILIGHEDE weg te sak. So is daar GEHOOP (deur hulle vyande) dat hulle die WET (van YHVH) sal VERGEET en die rug op hulle gebruike draai. En wie dit nie wou doen nie is doodgemaak.”

So NEEM DEEGLIK KENNIS, “TAKE NOTE” soos die Engelse sal sê: die bose een gaan ‘n plan bedink om jou TEMPEL te verontreining met al die MORSIGE dinge van die VLEES (die ou sondige natuur), om jou van jou EER te STROOP en jou te laat VERGEET van GOD se WET en RIGLYNE om so VLEESLIKE dinge (sonde) aan te aangemoedig soos WELLUS, WOEDE, BITTERHED, HAAT, ONVERIGNIS, TWIS, AFGUNS, JALOESIE, VERDEELTHEID, DRANK & DWELM MISBRUIK, WILDE PARTYTJIES, die OKKULTE, AFGODSAANBIDDING en someer. Al die dinge wat die WOORD sê ons uit die KONINGKRYK VAN GOD sal uithou soos ons lees in:  1 Korinthiërs 6:9-10, Galasiërs 5:19-21, Efesiërs   5:3-5, Openbaring 21:8 en 22:15.

As ons hierdie dinge van die VLEES (sondige natuur) self KIES – uit onkunde, misleiding of doelbewus, laat Abba soms toe dat hierdie dinge ons VERNIETIG – baie soos die gelykenis van die VERLORE SEUN in Lukas 15 waar die PA die seun laat gaan het na ‘n ver land met sy erfposie en waarskynlik goed geweet het hy gaan alles uitmors en in die VARKHOK beland maar hom laat gaan het sodat hy self tot INSIG kon kom en KIES (uit vrye wil) of hy wou OMDRAAI en terug huis toe kom. Ons lees ook in Hebreërs 12 HOE Abba Vader ons as Sy kinders DISSIPLINEER as deel van SY OPVOEDINGSPROGRAM vir ons eie beswil (belang, voordeel), sodat ons SY HEILIGHEID deelagtig kan word (heilig word soos Hy heilig is), en Sy egte kinders kan word (Levitikus 11:44 en Petrus 1:16).

MISLEIDING is ‘n ONDERWERP en ‘n studie op sy eie maar kom ons bespreek net ‘n paar verse daaroor om die GEVAAR daarvan te besef.

MISLEIDING word omskryf in die HAT Woordeboek as: “om iemand op ‘n verkeerde spoor te bring, ‘n verkeerde voorstelling op te wek, te BEDRIEG/ iemand mislei deur leuens.

En VALSHEID word omskryf as: “onwaar, in stryd met die werklikheid, in stryd met reëls of norme, vermenging, onsuiwer, geniepsig (knou af, bedoel om seer te maak), onbetroubaar, vervals met die DOEL om te bedrieg, nagemaak, oneg, oneerlik, onopreg, geveins (doen voor as iets wat die persoon nie regtig is nie).

Paulus waarsku ons in 2 Korinthiërs 11:15 oor mense wat vals apostels is, bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Yeshua is en dan sê hy in vers 14: “Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is.” Wanneer ons MISLEI, doen ons ons dus VOOR as GOED en BETROUBAAR maar die werklike MOTIEF is om SKADE of KWAAD aan die person te doen wat mislei word. En dit is WIE Satan en sy werkers van VALS LIG is. Inderdaat BAIE gevaarlik as ons nie die RIGLYNE van die WOORD versigtig hieroor bestudeer en soos Johannes ons aanmoedig in 1 Johannes 4:1 aan “…om nie elke gees te glo nie, maar die geeste op die proef te stel of hulle uit God is, want baie vals profete het in die wêreld uitgegaan.”

Dan ook interessant dat ONDERSKEIDING van die geeste een van die HEILIGE GEES se GAWES is wat aan ons gegee kan word wanneer ons dit nodig het om ons werk vir Abba te doen – dus mag ons Abba daarvoor vra maar moet ook ons deel doen en Sy Woord elke dag lees en oordink (lees 1 Korinthiërs 12:8-10), sodat ons nie TEN GRONDE gaan, VERWOES word weens ‘n GEBREK aan KENNIS van ABBA en SY WOORD nie (die NLV sê: “…omdat hulle MY NIE KEN NIE…Omdat jy die VOORSKRIFTE van jou God VERGEET het, SAL EK JOU KINDERS VERGEET”). Ons benodig dus Abba se riglyne vir die OORVLOEDIGE LEWE op aarde sowel as die EWIGE LEWEHosea 4:6 – ‘n Boek geskryf met fokus op Efraim se afvalligheid/ ontrouheid aan Abba).

En Yeshua ons Messias self het ons GEWAARSKU in Mattheus 7:15-20 oor VALS PROFETE in SKAAPSKLERE wat eintlik ROOFSUGTIGE WOLWE is maar ons sal hulle kan UITKEN aan hulle VRUGTE want ‘n GOEIE BOOM dra GOEIE VRUGTE en ‘n SLEGTE BOOM dra SLEGTE VRUGTE. En Paulus vertel mos vir ons van hierdie SLEGTE VRUGTE (van die vlees/ ou sondige natuur) en GOEIE VRUGTE (van die Heilige Gees) in Galasiërs 5:19-23.

En so waarsku Petrus, Johannes, Judas en Paulus ons ook oor MISLEIDING in die LAASTE DAE waarin ons leef. So ons kan nou amper se die WOLWE probeer die SKAPE deur middel van MISLEIDING sover kry om VARKE te eet en dan boonop aan Abba te OFFER (m.a.w vals leerstellings en wêreldse sondes – GEMORSKOS wat lei tot HONGERSNOOD, ‘n VARKHOK leefstyl, siektes, geestelike dood op aarde en die ewige dood) in plaas van die GRAS wat Abba vir die SKAPE (GELOWIGES) bedoel het (m.a.w gesonde leerstellings en die Brood en Water van die Woord wat tot LEWE en EWIGE lewe lei).

DIE VERMENGING VAN GOED en KWAAD in KERSFEES is nie UNIEK nie – daar is TEKENS van VERMENGING in ABBA se VERPLIGTE FEES EEN: die PASGA ook wat VERMENG is met de afgodsfees van ASTARTE, genoem “EASTER” in Engels en vol vrugbaarheids afgod simbole soos PAASHASE en EIERS is. En let wel, dit beteken nie da tons ABBA se PASGA nou moet verwerp nie, maar WEL die afgodsimbole en praktyke van die wêreld moet verwerp. En DIESELFDE GELD VIR KERSFEES. Hou KERSFEES,, want dit is EINTLIK ABBA se TEMPEL TOEWYDINGFEES maar gooi die afgodsimbole en praktyke uit!

Ons weet mos sodra daar VERMENGING van God se voorskrifte en wêreldse voorskrifte is, is ons besig om te eet van die Boom van Goed en Kwaad – m.a.w ons is besig met afgods aanbidding wat ons sal skei van YHVH ons HEILIGE GOD net soos Adam en Eva geskei is van Hom en die Tuin van Eden moes verlaat (Genesis 3). So dus is dit gevaarlik en moet ons op die uitkyk wees vir daardie dief wat by ons wil kom steel en ons wil slag en verwoes (Johannes 10:10a) en daardie bullende leeu wat ‘n mensmoordenaar is van die begin af en rondoop en ons wil verslind soos Yeshua ons Messias, Johannes en Petrus ons gewaarsku het (in Johannes 8:44, 10:10a, 1 Johannes 3:12 en 1 Petrus 5:8).

Ons gaan nie ingaan op die detail van hierdie dinge nie want die Internet is vol daarvan en jy kan dit maklik self gaan ondersoek as jy wil. Baie van ons weet reeds heelwat van hierdie misleiding, maar volg steeds die TRADISIES van KERSFEES sonder om die GEVARE daarvan te besef in terme van ons VERHOUDING met ABBA VADER, ‘n HEILIGE GOD en daarom is dit nodig dat ons deeglik daarvan kennis neem sodat ons die SLAGGATE kan vermy.

So kom ons gesels dan eerstens oor:

  1. Die BELANGRIKHEID van die FEES
    In die oë van die WÊRELD is dit dié belangrikste fees van die jaar. Die HELE WÊRELD WEET van en vier KERSFEES (of dan nou “CHRISTMAS” in Engels) en groot groot dele van die wêreld neem gedurende hierdie periode verlof en gaan op vakansie saam met hulle families en kom die wêreld soort van tot stilstand. Ons kan dus dalk sê ongeag van GELOOF VERSKILLE, vier meeste mense KERSFEES! Eienaardig né! 

    En TOG is dit NIE een van Abba Vader se VERPLIGTE FEESTE NIE! HOEKOM nie? Sou dit wees omdat AL ABBA SE VERPLIGTE FEESTE reeds die SKOONMAAK en HEILIGING van ons as SY TEMPELS insluit. Dus is hierdie ‘n ekstra fees wat ons self kan besluit of ons wil vier of nie? OF IS HIERDIE FEES DALK DIE KULMINERING (toppunt of hoogtepunt), VAN AL DIE ANDER FEESTE? DIE GROOT FEES OM YESHUA ONS MESSIAS TE VIER AS DIE VOLMAAKTE TEMPEL VAN ABBA VADER, DIE GOEIE NUUS en DIE LIG VAN ABBA VADER WAT DIE DUISTRNIS KOM VERLSAAN HET? 

    Ek kom agter dat ons maar net in die GESKIEDENIS en HEDENDAAGSE wêreld kan gaan kyk waarvoor GELOWIGES VERVOLG word en dan sal ons weet hoe BELANGRIK dit is – en vir die VIER van KERSFEES / DIE WARE FEES VAN LIGTE (nie die wêreldse afgodsfees wat daarvan gemaak is nie), word mense selfs vandag wêreldwyd doodgemaak in lande waar geloof in die enigste ware God verbied word. 

    Ons weet Yeshua was by die FEES VAN TEMPELWYDING (Johannes 10: 22-39) en dit is ‘n FEES van GROOT VREUGDE waarop ons BLY is dat ONS VYAND wat ons TEMPELS probeer ontheilig VERSLAAN is deur Yeshua ons Messias wat gebore is vir hierdie DOEL en ek en jy kan weer evalueer of ons werklik vry is van die ONHEILIGHEDE in ons TEMPELS en met VREUGDE FEES VIER oor ONS VRYHEID en die LIG van DIE HEILIGE GEES wat deur YESHUA ons MESSIAS binne in ons AAN DIE BRAND GESTEEK is! So die VIER van die TEMPELWYDING FEES/ DIE FEES VAN LIGTE, dan in ons tyd genoem KERFEES is nie die probleem nie, die TRADISIES en PRAKTYKE wat ongeveer 300 jaar NA Yeshua ons Messias se hemelvaart ontstaan het is DIE PROBLEEM! 

    So kom ons gesels oor die VERSKILLENDE PRAKTYKE en SIMBOLE van MISLEIDING wat ons ERNSTIG moet oorweeg om UIT te GOOI uit ons HUISE en NIE hierdie TRADISIES aan ons kinders oordra en so nog ‘n MISLEIDE GESLAG skep nie.

  2. DIE DATUM VAN DIE FEES
    Die AANVANGS datum hierdie jaar van sononder 25 Desember tot sononder 2 Januarie 2025 waarop die TEMPELTOEWYDINGFEES ook genoem die Fees van Ligte, wat sy OORSPRONG het as gevolg van die REINIGING en HERTOEWYDING van die TWEE TEMPEL na die bevuiling daarvan deur die afgod Zeus daar te vereer met die offer en eet van varke, het plaasgevind op 25 Kislev in die jaar 164 vC en is vir 8 dae lank gevier. En hierdie datum wat nie ALTYD op ons Westerse kalender op 25 Desember val nie omdat ons die son en nie die maan kalender volg nie, is gekaap deur die bose as die SONGOD se geboorte op 25 Desember. Daar is baie stories en teorieë oor die songod en die besluit dat 25 Desember sy geboorte is maar ons gaan nie daarop ingaan nie. Die feit is dat hierdie TRADISIE eeue NA Yeshua ons Messias se GEBOORTE, eers in die jaar 312 deur die Romeinse Keiser Konstantyn en vir die EERSTE keer in die jaar 336 formeel deur die ROOMS KATOLIEKE KERK gevier is. Die feit is ook dat die vroee kerk in die Nuwe Testament nie die GEBOORTE van YESHUA gevier nie, maar wel die TEMPEL TOEWYDINGFEES of 25 Kivlev tot 2 Tevet. En soos reeds bespreek is daar wel aanduidings dat die kerk soos beskryf in die NUWE TESTAMENT, na Yehsua die Messias se hemelvaart, SY GEBOORTE geëer het maar as die KERN van die FEES Hom as die NUWE HEILIGE TEMPEL erken het en daaroor met BLYDSKAP FEES GEVIER HET. 

    Alhoewel mense dus in die TYD waarin ons lewe STEEDS op die TEMPEL TOEWYDING FEES (of dan nou KERSFEES soos dit in die Weste genoem word), die gebruik het om Yeshua ons Messias se geboorte te onthou en te vier, moet ons onthou die Woord dit nêrens voorskryf of bevestig nie. Ons GOD, YHVH is ‘n baie presiese God, as Hy wou hê ons moes die GEBOORTE VAN YESHUA ons MESSIAS vier sou ons DUIDELIKE instruksies en riglyne daaroor in die WOORD gevind het. Natuurlik is ons bly dat Hy as Verlosser en Redder vir ons gebore is, en die korrekte tyd is waarskynlik baie nader aan die Fees van Tabernakels, YHVH se SEWENDE FEES (ook genoem die Huttefees) maar aangesien dit nie duidelik in die Woord gespesifiseer word nie moet ons versigtig wees om verdeeltheid hieroor aan te wakker. DIE VIER EVANGELIES, DIE GOEIE NUUS in Mattheus, Markus, Lukas en Johannes is mos OORGENOEG getuienis vir ons van DIE BLYE BOODSKAP van SY GEBOORTE sonder dat ons dit op ‘n bepaalde dag moet VIER. 

    Dit is wel wonderlik om daaraan te DINK dat Yeshua ons Messias as die LEWENDE TEMPEL van YHVH gebore is en aan HOM toegewy is op 8 dae oud en ingewy is deur die VULLING van die Heilige Gees, GETOETS is in die WOESTYN vir 40 dae en daarna met ‘n KRAGTIGE BEDIENING op aarde begin het, vir ons daardeur geleer het hoe om te LEEF en hoe om ons Koningkryks werk te doen en vir ons sondes GESTERF het sodat ons VRY kan leef van die sonde en slegs die EERSTE DOOD hoef te sterf en NE DIE TWEEDE DOOD waarvan ons lees in Openbaring 20:14 nie. En daarna vir EWIG saam met HOM en ABBA Vader kan leef met hulle as die TEMPEL OM AL HIERDIE DINGE TE ONTHOU en DAARVOOR VOOR TE BEREI. En ons weet mos  ABBA VADER het vir ons, vir hierdie DOELEINDE die VERPLIGTE WEEKLIKSE FEES die SHABBAT en die SEWE JAARLIKSE FEESTE VOORSGESKRYF. Die TOEWYDINGSFEES is dus ‘n ekstra FEES wat ons kan vier as ons wil – en ek begin dink ons MOET want dit is soort van WAAOOR AL ABBA SE ANDER FEESTE GAAN! So soort van die HOOGTEPUNT, die CRESCENDO! Wat YESHUA ONS MESSIAS oplig bo alles as die KERN – DIE LIG VAN DIE WÊRELD. Dit gee ook aan ons ‘n finale tyd om weer te evalueer en SEKER te maak ons TEMPELS so GEREINIG en GEHEILIG (AFGESONDERD) is aan YHVH ons God  DAT SY LIG IN ONS KAN KOM WOON en deur ons kan SKYN! Dit is dus ‘n besondere en VROLIKE FEES JUIS omdat YESHUA DIE PERFEKTE TEMPEL VAN YHVH, die HOEKSTEEN en FONDASIE is waarop ons as LEWENDE STENE SAAM GEBOU WORD AS ABBA VADER SE HEILIGE TEMPELS.

  1. DIE KERSBOOM
    Nou dis baie interesant want die MENORAH (sewe tak lampstaander van suiwer goud), wat ‘n pertinente rol speel in die TEMPELWYDING FEES en die OLIE en LIG wat daarmee gepaardgaan wat ‘n voorstelling van Abba Vader, Yeshua die Messias, die Heilige Gees asook die mens is –  is basies ‘n voorstelling van die AMANDELBOOM met SEWE TAKKE BLARE, KNOPPE EN BLOEISELS/ BLOMME – lees die beskrywing daarvan in Eksodus 25:31-40. Dr Booker verduidelik in sy boek: Die Bloedverbond dat Goud die kleur is van Godheid. Die hele kandelaar saam is ‘n SIMBOOL van God die Vader as die LIG. Die middelste arm verwys na Yeshua die Messias, die Seun van God, die LIG en die LAMP van die Nuwe Stad Jerusalem (Openbaring 21:22-23). Die OLIE wat die Menorah laat brand is ‘n verwysing na die HEILIE GEES, die olie wat benodig word om die MENORAH te laat BRAND en LIG te maak en die ses arms verwys na die MENS geskep op DAG 6 en wat saam die GEMEENTE vorm en die LIGDRAERS van God die Vader is. 

    Die MENORAH is ook ‘n VERWYSIG na die BOOM VAN DIE LEWE. So natuurlik sal Satan dan nou ook ‘n VERVALSING daarvoor hê met sy eie kersboom van plastiek met plastiek versierings vol vals gekleurde plastiek liggies. Ons lees dan ook in Jesaja van hierdie boom wat ‘n bewys is dat dit ‘n praktyk is wat al in Bybelse tye ontstaan het. Ons lees eers in Jeremia 10:1-5 van die AFGODE en AFGODSPRAKTYKE en dan lees ons ‘n beskrywing van ‘n BOOM wat BAIE soos die HEDENDAAGSE KERSBOOM klink! Ons lees hier: ‘…want ‘n boom uit die bos kap hulle om (af) , die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. Hulle VERIER dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hammers dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommer tuin is hulle: hulle kan nie praat nie, ja hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie.” 

    MAAR daar is nog ‘n SKRIKWEKKENDE bespotting wat met die KERSBOOM gedoen word. Ons het reeds genoem dat daar GEEN OPDRAG in die WOORD is om YESHUA ons MESSIAS se GEBOORTE te HERDENK nie, maar daar is ‘n duidelike ooreenkoms tussen SY GEBOORTE as die TABENAKEL of TEMPEL van YHVH en SY TOEWYDING aan Hom AGT DAE later deur Sy ouers Josef en Maria wat Hom na die TEMPEL geneem het om Hom te BESNY, ons kan dalk sê HOM te MERK as EIENDOM van YHVH. Vandag weet ons die BESNYDENIS was ‘n FISIESE prentjie van die noodsaaklikheid om ons HARTE TE BESNY (lees Deuternomium 10:16, 30:6, Romeine 2:29, Filipense 3:3 en Kolosnese 2:11-12) waarin ons sien dat die BESNYDENIS eintlik beteken om die SONDIGE VLEES (m.a.w die sondige geaardheid/ vlees waarvan Galasiërs 5:19-21 praat), AF TE SNY/ af te lê in die BESNYDENIS van die MESSIAS omdat ons SAAM MET HOM BEGRAWE IS in die DOOP en OPGEWEK is tot DIE EWIGE LEWE – so dus is dit die sterf aan die ou self/ sondige natuur/ vlees en OPSTAAN as ‘n nuwe mens in Yeshua ons Messias en dan leef vir God die Vader (EN DIT WORD ALLES JAARLIKS INGEOEFEN DEUR DIE HOU VAN ABBA SE EERSTE DRIE FEESTE – PASGA (sterf aan self), ONGESUURDE BROOD (word begrawe saam met Home n is nou DOOD vir die sonde – stel nie meer daarin belang nie, sien die boosheid en verneitiging daarvan, verwerp/ los dit gewillig) en EERSTE VRUGTE (staan NUUUT op saam met YESHUA) En gelowiges (God se ISRAEL) word dan GEMERK deur die HEILIGE GEES as SY EIENDOM – dit is ‘n VOORSTELLING van DIE PINKSTERFEES/ UITSTORTING van die HEILIGE GEES (Efesiërs 1:13-14, 1 Petrus 2:9 en Openbaring 7:1-8). 

    Die KERSBOOM weet ons is soos die OBELISK ‘n VOORSTELLING VAN ‘n MANLIKE GESLAGSORGAAN want die okkulte wêreld is VROT van SEKSUELE SIMBOLE EN OORTREDINGS teen DIE HEMELSE VADER SE WET wat REINHEID in SEKSUALITEIT VEREIS. En dit wil voorkom asof die KERSBOOM ‘n BESPOTTING van die BESNYDENIS kan wees. Want soos wat die BESNYDENIS ‘n PRENTJIE DAARVAN is om DIE SONDIGE VLEES af te SNY sodat ons IN VERBOND MET ONS GOD YHVH SAL OPHOU HOEREER teen HOM  – STAAN DIE KERSBOOM GROOT EN DUIDLEIK as ‘n VOORSTELLING van ‘n MANLIKE GESLAGSORGAAN en die AANMOEDIGING om MET AFGODE TE HOEREER IN REBELLIE TEEN ONS GOD YHVH! Dus verstaan ons dan die verskriklike tereur veldtog teen die Jode (die stam van Judah en Benjamin bekend as die Suidryk) in die tyd van Antiochus Epiphanes waarvan ons lees in Makkabeers 1:58-60 “Maand na maand het hulle hul wil so met GEWELD op die dorpe van Israel afgedwing. Op die 25ste van ELKE MAAND het hulle op die altaar gaan offerwat bo-oor die ou altaar van God in die tempel gebou is. Ma’s wat hulle kinders laat besny het, is DOODGEMAAK en hulle BABAS is om hulle NEKKE GEHANG. Hulle families, asook die persoon wat die baba besny het, is doodgemaak.” 

    So dalk kan ons KIES om hierdie jaar nie die VALS KERSBOOM in ons huise in te bring en te versier nie, maar eerder kerse en lampies aan te steek in herinnering aan Yeshua ons Messias die WARE TEMPEL en die LIG van God die Vader wat gekom het om die DUISTERNIS in ons en om ons uit te doof en die HEILIGE GEES wat die olie binne in ons is waarmee Yeshua ons Messias die VUUR van YHVH die Vader binne in ons aan die brand steek en aan die brand hou sodat ons SY LIG in hierdie wêreld kan wees in die navolging van ons Messias en die GOEIE NUUS van REDDING orals aan ALMAL kan verkondig. 

    Bou ‘n MENORAH – ABBA SE AMANDELBOOM en BRAND SY OLIE LAMPIES of KERSE! Maar onthou dat ons Abba se LIGDRAERS is en dus moet ons, MEER as enige kers of lampie, SY LIEFDE, GENADE, HOOP, VREDE en WAARHEID uitstraal/ uitdra.

Dit bring ons by:

  1. DIE VALS GEKLEURDE LIGGIES VAN KERSFEES
    Dit is ‘n voorstelling van die Satan wat homself kan voordoen as ‘n engel van die lig soos Paulus ons waarsku in 2 Korinthiërs 11:14 en so kan hy vreeslik onskuldig en pragtig lyk tot ons deur sy valsheid en leuens sien en besef wie hy eintlik is – die leunaar en mensmoordenaar van die begin af, ‘n dief wat by ons wil steel, ons wil seermaak, slag en vernietig, HOOFSAAKLIK deur SY VALS LIG VAN MISLEIDING – die WOLF in SKAAPKLERE waarteen Yeshua ons Messias ons waarsku in Johannes 8:44 en Johannes 10:10a. Daarteenoor het ons die WARE LIG, Yeshua ons Messias, DIE GOEIE HERDER wat vir ons DIE LEWE IN OORVLOED WIL KOM GEE (Johannes 10:10b). 

    Oorweeg dus om die jaar jou huis te versier VOL WIT KERSE wat voorkom in die woord KERSFEES. Plaas die kerse in houers om dit veilig te hou en verander jou huis in ‘n paradys van LIG of nog BETER ‘n olie lampie of twee wat HERINNER aan die HEILIGE GEES – DIE OLIE WAT ONS NODIG HET OM TE BRAND OF BOU SAAM AS GESIN ‘n MENORAH. Vertel jou kinders oor die wonder van LIGdie feit dat EEN KERSVLAMMETJIE die duisternis kan verjaag – net soos wat Abba Vader en Yeshua en die WOORD ons LIG en LAMPE is en die duisternis in ons lewens wegjaag! 

    En soek en lees saam as gesin die gedeeltes in die WOORD oor DIE LIG in ons wat LEWE gee en die DUISTERNIS wat die LIG binne ons wil uitdoof en DOOD in ons lewens bring, soos Job 18:5-6 en Efesiërs 5:1-20.

  1. Dan is daar KERSVADER MET SY ROOI KLERE aan wat op sy slee ry wat deur takbokke getrek word
    Hiedie is eintlik ‘n bespotting van YHVH soos beskryf word in Deuternomium 33:26-27 en Psalm 68:5 & 34 & Psalm 104:3 wat aandui dat God van die WOLKE SY WA MAAK en ry in die HOOGSTE HEMEL en SY MAGTIGE STEM VERHEF oor ISRAEL. So KERSVADER met sy slee en woorde van ho-ho-ho is alles ‘n BESPOTTING van ABBA VADER. Hoe verskriklik is dit! 

    En dalk ook die visioen soos aangeteken in Esegiël 1:4-28 en 10:20 wat die verskyning van God se heerlikheid uitbeeld en WIELE VAN VUUR en vier lewende wesens (cherubs, ‘n tipe engel met hoewe soos ‘n kalf en blink soos geskuurde koper met menshande onder hulle vlerke en vier gesigte van ‘n leeu, ‘n bees, ‘n mens en ‘n arend (Lees ook Openbaring 4). Sou dit spottenderwys vergelyk word met kersvader se slee getrek deur takbokke? 

    En dit eindig nie hier nie – die ROOI klere van KERSVADER is ook ‘n BESPOTTING van Yeshua ons Messias se koms op die OORDEELSDAG waavan ons ook lees in Openbaring 19:11-21 waarvan ons die profesie in Jesaja 63:1-4 kry en waarin ons die volgende lees oor die WRAAK in Edom (dit is Esau se nageslag): “Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met BLOEDROOI KLERE UIT BOSRA? Hy daar, pragtig in SY GEWAAD, wat agteroor buig in die volheid van SY KRAG? (die NLV se: terwyl Hy met GROOT KRAG voortmasjeer). Dit is EK wat in GEREGTIGHEID SPREEK, wat MAGTIG IS OM TE VERLOS. WAAROM is U gewaad so ROOI en U KLERE soos DIE EEN wat die WYNPERS TRAP? Ek het die pers ALLEEN GETRAP, en van die volke was NIEMAND by My nie; en Ek het hulle getrap in my TOORN (woede) en hulle VERTRAP in My GIMMIGHEID (of wraak), sodat hulle LEWENSSAP (m.a.w hulle BLOED) op My KLERE GESPAT het en Ek my hele GEWAAD BEVLEK het. Want die DAG van MY WRAAK was in MY HART, en die JAAR van MY VERLOSSING het gekom (HIERDIE IS DIE OORDEELSDAG – die skei van die KORING en die KAF en die VERNEITIGING van ABBA VADER se vaynde). En in Openbaring 19:11-21 lees ons van die OORWINNING van Yeshua die Messias oor die dier (dit is die antimessias) en die vals profeet en dit word beskryf in vers 11-13 soos volg: “Toe die hemel oopgaan sien Johannes ‘n WIT PERD en Hy wat daarop sit word genoem GETROU en WAARAGTIG (BETROUBAAR) en Hy OORDEEL en VOER OORLOG in GEREGTIGHEID. EN SY oë was ‘n VUURVLAM, en op SY HOOF was baie KRONE; en Hy het ‘n NAAM wat geskryf is, wat niemand ken nie behalwe Hyself. En Hy was bekleed met ‘n KLEED wat in BLOED GEDOOP was en SY NAAM is: DIE WOORD VAN GOD.” (Lees ook Jesaja 9:4). 

    So besef jy dat hierdie rooi klere te make het met Yeshua wat die wynpers gaan trap en dit is Sy vyande se bloed wat Sy klere so rooi maak – en ons bose vyand is besig om ons in te katrol om ‘n BESPOTTING hiermee te maak wanneer ons die ROOI KLERE van KERSVADER aantrek of hom bloot verwelkom in ons  midde en hy hoop dat hy hiedeur die GELOWIGES in Yeshua in groot onguns by Abba Vader kan laat beland en ons inderdaat gelykstel met Sy vyande sodat ons saam in daardie wynpers getrap kan word! Want Paulus se aan ons in Romeine 2:5 dat ons die TOORN van God vir ons vergader vir die OORDEELSDAG want elkeen van ons sal vergeld word volgens ons werke (dade) en ons lees in Hebreërs 10:26-31 as ons OPSETLIK sondig NADAT ons die KENNIS van die WAARHEID ontvang het , bly daar geen offer vir ons sondes meer oor nie, maar ‘n VERSKRIKLIKE VERWAGTING van OORDEEL en ‘n VUURGLOED wat die TEENSTANDERS (die VYANDE) van God verteer. En ‘n swaar straf wag vir ons wanneer ons die SEUN VAN GOD VERTRAP en dei BLOED van die TESTAMENT waardeer Hy geheilig is , onrein ag en die (Heilige) Gees van genade gesmaad (beledig, bespot) het. Sjoe julle hierdie is verskriklik ERNSTIG. 

    So dit is tyd om ons ONKUNDE en SKULD hieroor te BELY en dalk hierdie jaar te KIES om vir kersvader die voordeur en agterdeur te wys en te vertel dat hy NIE welkom is in ons huise, harte en lewens nie, want ons behoort aan die KONING van Konings en MEESTER van meesters – die EEN wat gaan kom om ons te kom haal en ons bose vyande gaan verslaan! En daarom kan ons aan ons kinders die waarheid vertel oor die REDDING wat Abba Vader vir ons bewerkstellig het deur ons Messias Yeshua om ons los te koop van ELKE en ALLE vyande wat ons wil seermaak en doodmaak en ons SO LIEF HET dat ons eendag vir altyd by Hom sal woon in SY KONINGKRYK as prinse en prinsesse (Sy kinders) en dit is inderdaat die GROOTSTE GESKENK.

  1. DIE VARKE
    So saam met die AFGODE van Kersfees – die songod, die kersboom en kersvader, is daar natuurlik ook die offer van VARKE en die eet van VARKVLEIS waarvan hulle so baie hou!  En het jy al daaraan gedink – wat PRUIK ewe trots op die KERSFEES tafel‘n HEERLIKE VERLEIDELIKE VARKBOUD né! So waar kom hierdie gebruik vandaan? Dalk as ‘n simbool van BESPOTTING oor die 2de TEMPEL ontheiligingamper ‘n jaarlikse HERHALING om jou te verslaan deur jou ‘n varkboud te laat eet as HERINNERING dat dit was hoe Abba se tempel ONTHEILIG is en in jou tempel (jou liggaam) in te bring, op die FEES van TOEWYDING, hierdie keer om JOU simbolies as DIE TEMPEL van Abba te ontheilig! Ek sê nie hierdeur jy mag vark eet of jy mag nie. VARKVLEIS is ‘n SIMBOOL van ONREINHEID in die WOORD en is gebruik om die TWEEDE TEMPEL te ONTHEILIG want VARKE is nie toegelaat om geoffer te word vir ABBA nie, net soos ons VLEES (die ou sondige natuur) – die VARKERIGE GEDEELTE van die ou mens/ sondige natuur wat nie vir Abba aanvaarbaar is nie, MAAR erg deur die wêreldsisteem aangemoedig word en dus MOET ons die vraag vra: Is daar ‘n VERBAND met die VARKBOUD op die KERSFEES TAFEL wat eintlik DIE TEMPELTOEWYDING FEES tafel is? Is dit dan nie weereens ‘n BESPOTTING van die GELOWIGES en van YHVH ons God self nie? 

    In 2 Petrus 3:3 waarsku Petrus nogal oor die SPOTTERS wat aan die einde van dae sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede leef. (Die NLV se dat daar mense op die toneel sal verskyn wat die WAARHEID bespotlik sal maak en DOEN net waarvoor hulle lus is). 

    So al eet jy dalk vark kan jy en jou familie moontlik oorweeg om hierdie jaar met KERSFEES uit respek vir en toewyding aan ABBA Vader en in herinnering oor waar hierdie gebruik vandaan kom eerder KIES om ‘n SKAAPBOUD of ander vleiseregte as deel van ons fees etes te eet. Gebruik dit as geleentheid om die WAARHEID aan jou familie te vertel.

  1. AFGODSAANBIDDING
    En dan smokkel die bose ook afgodsaanbiddings praktyke in net soos die beeld van die afgod Zeus (sien ook ‘n verwysing na hierdie afgod in Handelinge 14:12-22) toe die TWEEDE TEMEPEL ontheilig is – by baie KERSFEES partytjies loop die drank en voer die seksuele losbandigheid hoogty.  En Yeshua ons Messias het gewaarsku in Markus 7:20-23 dit is hierdie morsige VARKERIGE DINGE (die vlees/ sondige natuur wat nog nie gesterf het nie) wat uit mens harte kom wat ons TEMPELS onrein maak – dinge soos SLEGTE GEDAGTES, EGBREUK (huweliksontrou), HOERERY en MOORD  DIEWERY (diefstal), HEBSUG (GIERIGHEID), BOOSHEID, BEDROG, LOSBANDIGHEID/ ONSEDELIKHEID, AFGUNS, LASTERING (kwaadspreek en ‘n gevloek), ONGEDISIPLINEERDHEID, HOOGMOED en DWAASHEID – ALLES die SONDIGE VLEES wat dan VRUGTE DRA van WELLUS, VYANDSKAP, TOWERY, JALOESIE, WOEDE, TWIS, AFGUNS, VERDEELTHEID en DRONKENSKAP (1 Korinthiërs 6:9-10, Galasiërs 5:19-21 en Efesiërs 5:1-21).

So DALK is dit tyd om weer soos die MAKKABEËRS op te staan teen ons bose vyande en ons self, die TEMPELS van YHVH ons GOD te reining WANT DIE GOEIE NUUS IS, ABBA VADER wag ELKE dag vir ons om terug HUISTOE TE KOM.

Wees verseker dit mag beteken dat jy jou gereed gaan moet maak vir ‘n GEESTELIKE OORLOG want afgode gee nie maklik bes nie (gee nie maklik op nie) en dit vat tyd en moeite en DAPPER YWER, soos die van YESHUA ons MESSIAS toe Hy die tempel met ‘n gevlegde SWEEP skoongemaak het om al die VARKE (vlees/ ou sondige natuur) uit te gooi en al hulle morsigheid op te rym. Maar Abba Vader gee aan ons alles wat ons nodig het om dit te doen en Yeshua ons Messias het vir ons die voorbeeld gestel en die Heilige Gees staan gereed om ons te help. So as ons bevind ons is in die VARKHOK en moeg om VARKKOS te eet terwyl ons Pa (Abba Vader) uitkyk vir ons soos vir die VELORE SEUN in Yeshua se gelykenis in Lukas 15 om huistoe te kom en vir ons ‘n ring aan ons vinger wil steek en skoene aan ons voete gee en die vetgemaakte kalf vir ons wil slag om fees te vier aan die TAFEL van DIE KONING VAN DIE HEMEL en die AARDE – WAARVOOR WAG ONS DAN?

Mag ons hierdie jaar terugkeer huistoe, voor Abba bely ons het verdwaal en met berou bely ons het Hom teleurgestel en ‘n oneer aangedoen met al die AFGODSPRAKTYKE, TRADISIES en SIMBOLE van KERSFEES dan en Sy warm omhelsing voel soos die verlore seun van Lukas en ingaan in Sy vaderhuis en met vrolikheid en vreugde en blydskap FEES VIER en onthou die WARE LIG, YESHUA ons Messias het in die wêreld gekom om die DUISTERNIS wat ons gevange probeer hou te verslaan en eendag sal ons by Hom en die Vader woon in die ewige koningkryk waar Abba Vader die LIG sal wees en Yeshua ons Messias die LAMP. 

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch

We are open to the public on appointment. You are welcome to come and visit us in Centrurion.

Conri Complex, Unit 2
He Brews Coffee Roastery

254 Glover Avenue, Lyttelton, 0157