DEEL 3:
DIE OOREENKOMSTE TUSSEN DIE FEES VAN TEMPEL TOEWYDING en KERSFEES.
21 November 2024
Thomas verduidelik op sy web blad, DIE LEWEGEWER dat 25 Kislev die ekwivalent van 25 Desember is: Onthou dat die Hebreeuse jaarkalender van ons Westerse jaarkalender verskil – hulle berekening van die jaar word met die MAAN gedoen, terwyl die Weste die SON gebruik. Die TEMPELWYDINGSFEES (genaamd Hanukkah in Hebreeus) word ALTYD gevier op die Hebreeuse kalender op 25 Kislev tot 2 Tevet. Maar die DATUM VERSKIL van jaar tot jaar op ons kalender – net soos in die geval van die PASGA FEES wat ALTYD op 14 Abib/ Nisan (die eerste maand) op die Bybel kalender/ Hebreeuse kalender plaasvind (Eksodus 12:6, Levitikus 23:5, Numeri 9:1-3 en Deuternomium 16:1-9) maar op ons kalender in Maart/ April val. Die Fees van Tempeltoewyding kan dus op ons Westerse kalender enige tyd vanaf einde November tot vroeg Januarie plaasvind maar hierdie jaar begin die fees op ons Westerse kalender vanaf sononder op 25 Desember to sononder op 2 January 2024! En dit klink nogal baie soos die KERSTYD PERIODE met NUWEJAAR wat daarop volg soos ons dit ken né…Terloops NUWE JAAR is ook ‘n afgodsfees ter ere van die afgod Janus – julle kan meer daaroor uitvind op die Internet. So dalk is Thomas reg, dalk het KERSFEES jare gelede ontstaan vanuit die FEES van TOEWYDING ook GENOEM die FEES VAN LIGTE waartydens duisende OLIE LAMPIES en LIGTE aangesteek is uit blydskap dat die TEMPEL SKOONGEMAAK is, weer TOEGEWY is aan Abba Vader en die GOUE LAMPSTAANDER (die MENORAH in Hebreeus) weer GEBRAND het in die TEMPEL volgens ABBA se VOORSKRIFTE!
Almal wat die Fees bygewoon het, het olie lampies wat meestal van klei gemaak was met ‘n lont in gedra op pad na die TEMPEL. Kerse het nie bestaan in daardie tyd nie en is eers in gebruik geneem in ongeveer die 10de eeu. Maar waarom word die Fees van die Tempel se toewyding en inwyding dan in verband gebring met ligte en lampies? Daar word vertel die ligte word aangesteek om die wonderwerk te herdenk van die klein KRUIKIE HEILIGE KANDELAAR (MENORAH) OLIE wat in die tTEMPEL ontdek is nadat die heidene (m.a.w die ongelowiges – Antiochus en sy trawante), uit die tempel gedryf is en hierdie HEILIGE OLIE – die enigste kruikie wat hulle kon vind het AGT DAE lank gebrand, terwyl dit normaalweg net genoeg olie sou wees vir EEN DAG. Hierdie AGT DAE is wat hulle nodig gehad het om die nuwe heilige olie volgens Abba se spesifikasies te kon voorberei (lees Eksodus 30:22-26 oor die voorbereding van die OLIE VIR SALWING en die OLIE VIR DIE MENORAH in Leviticus 24:1-4). En dit is die wonderwerk van die olie wat so lank gehou het, wat ‘n Goddelike bevestiging en seël (bewys van goedkeuring) was op die her-ingebruikname van die TEMPEL. En daarom word dit tot vandag toe nog deur die Jode (die stam van Judah en Benjamin) gevier as die TOEWYDING fees, genaamd HANUKKAH.
Die OLIE self was in die Ou Testament beskou as die SIMBOOL van die GEES van GOD. Die GOUE LAMPSTAANDER (die MENORAH) met SEWE VERTAKKINGS waarop SEWE LAMPE GEBRAND het is heeltyd ONAFGEBROKE in die TEMPEL gebrand volgens Abba se voorskrifte in die Torah en GEEN ANDER LIG is in Sy TEMPEL toegelaat nie – lees Eksodus 27:20-21 en Levitikus 24:1-4. En in Eksodus 25:31-35 sien ons dat DIE GOUE KANDALAAR (MENROAH) inderdaat in die vorm van ‘n AMANDELBOOM met SEWE TAKKE en BLOMKELKIES gemaak moes word. So duidelik is die MENORAH ‘n VOORSTELLING van die AMANDELBOOM.
So waarom ‘n AMANDELBOOM? Die amandelboom is die EERSTE BOOM wat na die winter, kort voor die LENTE in Israel bot en blom, terwyl die meeste ander plante en bome steeds in hulle winterslaap is. Die word vir AMANDEL in Hebreeus is “shaked” wat afgelei is van die word: “”shakdonoot”. Hierdie WOORD word gebruik om ‘n PRODUKTIEWE, YWERIGE, HARD WERKENDE persoon te beskryf wat die Torah bestudeer met deursettingsvermoë (hou vol/ aan en druk deur). In die Jeremia 1:1-11 lees ons van Jeremia se roeping en word die woord (Amandeltak) ook gebruik wanneer Abba aan Jeremia sê in vers 12: “EK is WAKKER oor MY WOORD om dit te VOLBRING.” En In Numeri 17:8 bot Aaron se STAF met AMANDEL BLOEISELS en BLOMME om aan te toon dat Abba Vader hom AANGESTEL het in ‘n POSISIE van OUTORITEIT bo die ander leiers van die gemenskap. Hierdie STAF wat gebot het met amandel bloeisels en blomme moes later saam met die TIEN GEBOOIE (‘n opsomming van die Torah – Genesis tot Deuternomium is) en ‘n kruik met manna in die VERBONDSARK gehou word (lees Hebreërs 9:3-4). SIMBOLE van YHVH se WET (riglyne vir ‘n goeie lewe en die ewige lewe) asook AUTORITEIT en VOORSIENING wat Hy aan mense gee.
‘n Kenmerk van die TEMPEL WYDING FEES, voor Yeshua ons Messias se tyd al, is die VROLIKE ATMOSFEER VAN BLYDSKAP waarvan ons lees in 1 Makkabeërs 4:56-59. Die fees was so gewild dat geskiedskrywers beskryf het hoedat dit in die aand gelyk het of JERUSSALEM AAN DIE BRAND was weens al die LIGGIES. Soos wat die mense op pad aangestap het na Jerusalem met sonoder met hulle brandende lampies, is die hele omgewing in ‘n paradys van feestelike LIG omskep.
Dit is dus HIERDIE FEES VAN TOEWYDING/ LIGTE wat in Hebreeus bekend staan as HANUKKAH wat Yeshua ons Messias 2000 jaar gelede in Jerusalem gevier het soos opgeteken in Johannes 10:22-39. En meer nog, Hy het HANUKKAH gevier in DIESLEFDE TEMPEL wat deur die Makkabeërs gereining en toegewy is ‘n paar generasies voor Sy geboorte.
Met Yeshua ons Messias se dood en kruisiging gebeur daar TWEE BAIE BELANGRIKE DINGE m.b.t. die TWEEDE TEMPEL:
- Die SWAAR VOORHANGSEL – m.a.w. die swaar gordyn wat tussen die Heilige gedeelte en die Allerheiligste gedeelte waar YHVH teenwoordig was en wat mense geskei het van direkte toegang tot Hom – skeur met Yeshua ons Messias se laaste asem teug en die woorde: “Dit is VOLBRING” van bo tot onder SKEUR as ‘n aanduiding dat die VOLLE PRYS vir sonde betaal is en ons Abba Vader nou direk kan nader deur Yeshua ons Messias (Johannes 19:30). Ons lees in Hebreërs 10:19-20 moedig die skrywer gelowiges aan om te volhard in hulle geloof wanneer hy sê: “Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Yeshua op die NUWE en LEWENDE WEG wat Hy vir ons INGEWY (in gebruik laat neem) het deur die VOORHANGSEL heen, DIT IS SY LIGGAAM (bevestiging van Yeshua ons Messias se woorde in Johannes 14:6: ”Ek is die WEG, en die WAARHEID en die LEWE: niemand kom na DIE VADER behalwe deur MY nie); en
- Die SKEIDINGSMUUR tussen JUDAH (ons kan sê Jood) en EFRAIM (ons kan sê nie-Jood of GELOWIGES IN YESHUA) WORD VERWYDER – a.w die moontlikheid op VERSOENING is nou daar. Ons lees in Efesiërs hoofstuk 2 verduidelik Paulus dit aan die JODE en Nie-Jode dat hulle SAAM met YESHUA LEWEND gemaak is en IN HOM EEN is en ons lees in vers 1-4 NLV :”As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was julle GEESTELIK DOOD, julle LEEFSTYL is destyds bepaal deur hierdie bose wêreld, ja deur die regeerder van die mag wat in die lug is (Satan), Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ONGEHOORSAAM is. ONS ALMAL het vroeër so gelewe. Ons GEDRAG IS BEPAAL deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem. Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met die Messias lewend gemaak het. Dit is dus God (die Vader) se genade wat maak dat julle verlos is!” En dan vanaf vers 14-17 “Die Messias het inderdaat vrede tussen ons gebring. Deur Sy liggaam aan die kruis te gee het Hy die TWEE GROEPE (dit is die Suidryk – die Jode van vandag en die Noordryk – die Tien Stamme onder Efraim insluitend die GELOWIGES in Yeshua bekend as nie-Jode) EEN gemaak; ja die MUUR van VYANDSKAP het Hy afgebreuk (dit verwys na die muur wat die nie-Jode uit die tempel gehou het en al die wettiese voorskrifte wat die Fariseërs wou hê hulle moes nakom asook na die SWAAR GODYN wat geskeur is en DIE WEG NA ABBA VADER DEUR DIE BLOED VAN YESHUA ONS MESSIAS wat vir ALMAL oopgemaak is en beskikbaar is wanneer ons Hom aanneem as ons Verlosser. En dan lees ons in vers 18: ”Dit is aan Hom (Yeshua) dat ALBEI van ons deur een Gees (die Heilige Gees) toegang tot die Vader het.” Lees ook Galasiërs 3:28 en Kolosense 1:17-20.
In die Nuwe Testament was daar groot verdeeltheid tussen die Jode en Nie-Jode (gelowiges) en ons leef vandag in tye waarin daardie verdeeltheid al groter word en daar is ook GEWELDIGE VERDEELTHEID en ONENIGHEID onder GELOWIGES in Yeshua. Maar in Galasiërs 5:19-21 word VYANDIGHEID, RUSIE of TWIS en VERDEELTHEID geïdentifiseer as deel van die SONDIGE NATUUR (die VLEES) – dit laat my besef – êrens is ‘n slang in die gras – die slang van ouds wat ook beskryf word as die draak, die Satan en die duiwel! (Openbaring 12:9). Dis geen wonder Yeshua die Messias en Johannes die Doper het die “godsdienstige” Fariseërs die ADDERGESLAG genoem nie! (Mattheus 3:7, 12:34, 23:33 en Lukas 3:7). Ons weet dat die vlees (die sondige natuur) asook bose geeste insluitend die “gees van godsdiens” en die Heilige Gees mekaar se vyande is (Galasiërs 5:16-17) en dus het Yeshua ook in Lukas 12:49-53 gesê daar sal verdeeltheid wees selfs tussen families, maar daar behoort EENHEID te wees tussen GELOWIGES onder leiding en bestuur van die Heilige Gees van God. Ons sal later kyk of ons miskien meer hieroor kan gesels.
Lees ook Yeshua ons Messias se GEBED in Johannes 17 vir EENHEID onder SY DISSIPELS (m.a.w Sy volgelinge oor al die eeue, insluitend all GELOWIGES).
Ons weet dat die TWEEDE TEMPEL in die 70 jaar nC vernietig is deur die Romeine net soos Yeshua aan Sy dissiples gesê het gaan gebeur (lees Mattheus 24:2 en Lukas 19:44).
So dit bring ons by YESHUA DIE MESSIAS as die TEMPEL – INDERDAAT DIE WARE TEMPEL VAN YHVH.
Ons lees in Hebreërs 8:1-2 “Die hoofsaak nou van wat ons gesê het is dit: Ons het so ‘n Hoëpriester (dit is Yeshua) wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit (dit is God die Vader) in die hemele, ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die WARE TABERNAKEL wat die Here (YHVH) opgerig het en nie ‘n mens nie.” En die skrywer gaan dan voort om te verduidelik dat Yeshua die Middelaar is van ‘n NUWE VERBOND – ‘n beter verbond as die vorige ene wat in ‘n MENS GEMAAKTE TEMPEL geplaas is, geskryf deur mens hande. Hierdie keer sluit Hy ‘n VERBOND met die HUIS VAN ISRAEL (alle gelowiges) waarin HY SY WETTE in hulle VERSTAND sal gee en dit op hulle HARTE SKRYWE; en Hy sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir Hom ‘n volk wees (lees Hebreërss 8:10, 10:16 en die profesie in Jeremia 31:33).
YESHUA het ook in Sy eie bediening Homself geÏdentifiseer as die NUWE TEMPEL. In Johannes hoofstuk 2 MAAK HY DIE TEMPEL SKOON van almal wat van SY VADER SE HUIS ‘n PLEK maak om GELD te maak en hulle vra aan Hom watter tekens Hy kan doen om te bewys dat Hy die reg het om die dinge te mag doen en in vers 19 sê Hy dan aan hulle: “Breek HIERDIE TEMPEL af en in DRIE DAE sal EK DIT OPRIG” En Johannes verduidelik in vers 21 dat YESHUA VAN SY LIGGAAM gepraat het. Die TEMPEL in Jerusalem was dus bloot ‘n tydelike struktuur totdat die WARE TEMPEL gekom het. In SY LEWE, DOOD en OPSTANDING VERVANG YESHUA die TEMPEL en word HY DIE PLEK waar ons vir GOD DIE VADER ONTMOET en SY HEERLIKHEID ERVAAR.
Thomas verduidelik verder: Na Yeshua ons Messias se hemelvaart het die dissipels besef dat Hy die WARE TEMPEL is soos Hy gesê het, en dat die WARE LIG IN HOM ALLEEN IS. Ons lees in Matthéüs 1:23 “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom EMMANUEL noem, dit is, as dit vertaal word: GOD MET ONS.” Die FEES VAN TEMPELWYDING van die Ou Testament het hulle in die MESSIAS vervulde vorm van die WARE TEMPELWYDING FEES gevier. YESHUA se MENSWORDING is van toe af HERDENK op DIESELFDE DAG as die OU FEES van TEMPELWYDING of FEES VAN LIGTE. KERSFEES was aanvanklik nie te verstaan as die LETTERLIKE GEBOORTE van YESHUA nie, maar eerder as YESHUA DIE TEMPEL VAN GOD en die WARE LIG wat na die aarde gekom het. Maar dit wil voorkom asof daar wel ‘n ooreenkoms gesien is met SY GEBOORTE en SY BESNYDENIS AGT (8) DAE later, wat dan ook SY TOEWYDING aan YHVH (die Vader) genoem word. En in Lukas 2:21-24 word dit dan ook genoem dat YESHUA (op 8 dae oud) GEREINIG en GEWY word aan YHVH! So hier sien ons dat YESHUA, die WARE TEMPEL van YHVH aan Hom toegewy is! Ons lees in hierdie gedeelte in die NLV na Yeshua se geboorte: “Agt dae later, toe die tyd aangebreek het om die kindjie te besny, is Hy Yeshua genoem. Dit is die naam wat die engel, nog voor Hy verwek is aan Hom gegee het. Daarna was dit tyd vir die REINIGINGSOFFER, soos die WET van MOSES NA die geboorte van ‘n kind vereis het. Ons lees ook in Lukas 2:25-52 van TWEE GESALFDE GELOWIGES, ons kan dalk sê, TWEE GETUIES, Simeon en Anna wat die TOEWYDING seremonie bygewoon het waartydens die Kindjie Yeshua Sy Naam gekry het en aan YHVH toegewy is, soos die WET (die riglyne in die TORAH) vereis het soos wat ons lees in Lukas 2:25-40.
So ALHOEWEL daar GEEN OPDRAG in die WOORD is om YESHUA ons MESSIAS se GEBOORTE te HERDENK nie, is daar ‘n duidelike ooreenkoms tussen SY GEBOORTE as die TABENAKEL of TEMPEL van YHVH en SY TOEWYDING aan Hom AGT DAE later deur Sy ouers Josef en Maria wat Hom na die TEMPEL geneem het om Hom te BESNY, ons kan dalk sê HOM te MERK as EIENDOM van YHVH. Vandag weet ons die BESNYDENIS was ‘n FISIESE prentjie van die noodsaaklikheid om ons HARTE TE BESNY (lees Deuternomium 10:16, 30:6, Romeine 2:29, Filipense 3:3 en Kolosnese 2:11-12) waarin ons sien dat die BESNYDENIS eintlik beteken om die SONDIGE VLEES (m.a.w die sondige geaardheid/ vlees waarvan Galasiërs 5:19-21 praat), AF TE SNY/ af te lê in die BESNYDENIS van die MESSIAS omdat ons SAAM MET HOM BEGRAWE IS in die DOOP en OPGEWEK is tot DIE EWIGE LEWE – so dus is dit die sterf aan die ou self/ sondige natuur/ vlees en OPSTAAN as ‘n nuwe mens in Yeshua ons Messias en dan leef vir God die Vader (EN DIT WORD ALLES JAARLIKS INGEOEFEN DEUR DIE HOU VAN ABBA SE EERSTE DRIE FEESTE – PASGA (sterf aan self), ONGESUURDE BROOD (word begrawe saam met Home n is nou DOOD vir die sonde – stel nie meer daarin belang nie, sien die boosheid en verneitiging daarvan, verwerp/ los dit gewillig) en EERSTE VRUGTE (staan NUUUT op saam met YESHUA) En gelowiges (God se ISRAEL) word dan GEMERK deur die HEILIGE GEES as SY EIENDOM – dit is ‘n VOORSTELLING van DIE PINKSTERFEES/ UITSTORTING van die HEILIGE GEES (Efesiërs 1:13-14, 1 Petrus 2:9 en Openbaring 7:1-8).
En ons weet net soos die MENS GEMAAKTE TABERNAKEL en DIE TWEE TEMPELS, is YESHUA die TABERNAKEL van GOD wat NIE met menshande gemaak is nie, ook INGEWY en GEVUL met God se HEILIGE GEES met Sy doop, kort voordat Hy met Sy ongeveer DRIE en ‘n HALF jaar BEDIENING op aarde begin het (Lukas hoofstuk 3-4).
Daar is dus geen bewyse in die 1ste en 2de eeu tot 264 vC is dat die geboorte van Yeshua oor die periode van Desember of dan oor KERSFEES gevier is nie. Hierdie gebruik is eers later in die vroeë Kerk in Rome in 336 nC gedurende die regering van die Romeinse Keiser Konstantyn begin is om die geboorte van YESHUA op hierdie dag, 25 Desember te vier. Soos reeds bespreek is daar wel aanduidings dat die GELOWIGES IN YESHUA SY GEBOORTE en SY BESNYDENIS of TOEWYDING aan YHVH, AGT DAE later WEL met die TEMPELWYDING FEES / FEES VAN LIGTE in verband gebring is want HY IS INDERDAAT GEBORE AS DIE VOLMAAKTE TEMPEL VAN YHVH.
Dit is dalk een van die redes hoekom Konstantyn dit kon regkry om hierdie FEES te VERMENG met HEIDENSE SIMBOLE, PRAKTYKE en AFGODSAANBIDDING waaroor ons later meer sal gesels.
Ons gesels in DEEL 4 oor YESHUA die MESSIAS as die KERN van die FEES VAN TEMPEL TOEWYDING, ook genoem die FEES VAN LIGTE. Want onthou absoluut alles in die Woord gaan oor Hom!