Skip to content

DEEL 2: ABBA VADER (YHVH) SE TEMPEL versus AFGODSTEMPELS

20 November 2024

Ons gesels verder oor wat met die TWEEDE TEMPEL gebeur het tydens die STIL PERIODE van ongeveer 400 jaar tussen die Ou- en Nuwe Testamente.

Maar voordat ons daarby uitkom moet ons eers OOR AFGODSTEMPELS gesels.

Soos ons weet is ons bose vyand – die Satan en sy bose magte ALTYD besig met VERVALSING (vals maak, verdraai, met vreemde bestandele/ idees/ leerstellings vermeng, iets opsetlik byvoeg of weglaat) van dit wat Abba in Sy Woord vir ons sê met die die oneerlike bedoeling om mense te MISLEI – dus is dit nie vreemd om te sien dat die afgode ook tempels gehad het nie. En hierdie tempels met hulle afgodsaanbidding was dikwels vir God se volk ‘n groot VERSOEKING (verleiding). HOEKOM? Want dit BEVREDIG die begeertes van die VLEES (die ou sondige natuur). Dit nooi dus mense uit om soos ons lees in Galasiërs 5:19-21, hulle vlees (die ou sondige natuur) gelukkig te maak deur deel te neem aan dinge soos seksuele sondes aangedryf deur WELLUS want soos ons weet het tempelprostitusie, bestaande uit mans en vrouens by al die afgodstempels gefloreer en hulle feeste is gekenmerk deur wilde partytjies met ongeoorloofde seksuele praktyke en ernstige vergrype aan alkohol en ander tipes gemengde dwelm middels. Verder was dinge soos towerkuns asook vervloekings om wraak te neem algemeen aanvaarbaar vir hulle. Alles dinge wat die mens in sy natuurlike sondige vorm wat die Woord die VLEES noem, WIL DOEN en wat IN STRYD IS met die HEILIGE GEES VAN GOD want al hierdie dinge BESKADIG en VERNIETIG MENSE SE LEWENS en ons VERHOUDINGS op aarde EN wanneer ons in DIÈ SOORT PRAKTYKE VOLHARD sal dit uiteindelik daartoe lei dat ons NIE DIE KONINGKRYK VAN GOD KAN BINNEGAAN NIE soos PAULUS GELOWIGES WAARSKU in 1 Korinthiërs 6:9-10, Galasiërs 5:19-21 en Efesiërs 5:3-5 en YESHUA ons MESSIAS ons WAARSKU met Sy gelykenisse wat Hy vertel in die EVANGELIES van Mattheus, Markus Lukas en Johannes asook DIE BRIEWE AAN DIE SEWE GEMEENTES in Openbaring 21:8 en 22:15. En ons bose vyand weet dit natuurlik baie goed en gooi sy VISHOEK vol VLEESLIKE VERSOEKINGS EN VERLEIDINGS gemik op elkeen van ons se VLEESLIKE swak punte (ons ou sondige natuur wat ons nog nie heeltemal wil laat gaan en afsterf nie), vir ons uit om elke hoek en draai en oortuig ons dat ons al die vleeslike dinge (sondes/ bevrediging van begeertes) BENODIG om ons PROBLEME OP TE LOS en ons LEWENS GELUKKIGER TE  MAAK en dis natuurlik ALLES LEUENS wat ons eers agterkom wanneer ons ‘n SLAAF WORD van hierdie dinge en daarin VASGEVANG word tot ons EIE FRUSTRASIE, ANGS, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE tot op ‘n punt wat ons ONSSELF en ANDER MENSE HAAT en selfs oorweeg om van onsself en ander ontslae te raak. En dis PRESIES WAT ONS BOSE VYAND, die Satan, SE DOEL IS want Yeshua ons Messias noem hom dan in Johannes 8:44 “ ’n LEUENAAR, die vader van LEUENS met GEEN waarheid in hom nie en ‘n MENS MOORDENAAR van die begin af!” (Lees oor hierdie heel EERSTE MOORD waarna Yeshua verwys in Genesis 4 waar Kain sy broer Abel DOOD SLAAN).

Die Bybel in Praktyk verduidelik: In die tydperk tussen die Ou en Nuwe Testament, vanaf Esra en Nehemia tot en met die geboorte an Yeshua – ongeveer 400 jaar, weet ons baie min van die Bybel geskiedenis en van die volk van God. Ons kennis oor hierdie periode kom uit buite Bybelse bronne en ander Apokriewe geskrifte.

Een van die buite boeke wat vir ons inligting hieroor verskaf is 1 en 2 Makkabeërs wat dateer vanaf 167 – 164 vC. Antiochus Epiphanes, wat beteken “die manifestering van die (klein letter) god”, een van Alexander die Grote se opvolgers wou die koningkryk verenig deur die skep van EEN GODSDIENS. Tydens hierdie periode is die dinge van YHVH, wat deur die Jode (dit is die SUIDRYK, m.a.w die stam van Judah en Benjamin), steeds onderhou is soos die SEWENDE DAG SABBAT, die SEWE FEESTE VAN YHVH en die lees van die WETBOEK (dit is die Torah – Genesis tot Deuternomium), VERBIED en die TORAH is GESOEK en VERBRAND, en ook die besnyding van baba seuntjies is VERBIED en hulle is aangemoedig om hulle rug op YHVH te draai en allerhande onheilighede te doen. En DIÈ wat dit NIE WOU DOEN NIE is DOODGEMAAK. Dus was daar BAIE wat wel maar INGEGEE HET en INGEVAL het by die NUWE GODSDIENS. Maar daar word genoem dat die “WARE ISRAELIETE gaan WEGKRUIP het.” (1 Makkabeërs 1:43-53).

Die TEMPEL is ONTHEILIG deur ‘n STANDBEELD van die afgod Zeus in die TEMPEL op te rig en ‘n VARK is vir Zeus op die altaar geoffer.  Die Boek Daniel, wat geskryf is in die 6de eeu vC, verwys daarna in sy profesie in hoofstuk 11:31 wat plaasgevind het in 175-164 vC ongeveer 400 jaar na Daniel en voor die eerste koms van Yeshua. Ons lees in hoofstuk 11 dit is ‘n profesie oor GRIEKELAND en in vers 31: “En deur hom sal leers op die been gebring word en die heiligdom (m.a.w die TEMPEL), die vesting, ONTHEILIG, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.” Thomas Ice van die Blue Letter Bible verduidelik Antiochus Ephifanus was ‘n groot vervolger van die kinders van Israel en hy wou die geloof in YHVH uitwis en in die plek daarvan die aanbidding van Griekse gode vestigEn hiermee is die profesie in Daniel 11:31 dan vervuldie offers aan YHVH is inderdaat gestaak en die HEILIGE PLEK was besoedel, verlate en ‘n gruwel.

In Daniel 9:27 profeteer Daniel dat dit weer in die toekoms sal gebeur in die middel van die SEWE JAAR VERDRUKKING, die toekomstige prins (persoon met hoë posisie en outoriteit) sal in daardie tyd (die eindtyd) presies doen wat Antiochus gedoen het in die 2de eeu vC. Yeshua ons Messias verwys ook daarna in Mattheus 24:15-21 waarin  Hy praat oor die GROOT VERDRUKKING en se: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniel, sien staan in die heiligdom (die TEMPELl) – laat hy wat lees oplet –“ en dan gee Yeshua riglyne om te vlug “Want daar sal ‘n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het nie en ook nooit (weer) sal wees nie.” Lees ook Markus 13:14-20.

Nou die vraag ontstaan hoekom daar juis in Antiochus se ontheiliging van die TWEEDE TEMPEL die afgod Zeus opgerig is en waarom is spesifiek ‘n VARK geoffer?

ZEUS was beskou as die Griekse oppergod (m.a.w die hoofgod) wat op die berg Olimpus gewoon het (algemeen beskou as die woonplek van die Griekse godedom en waar Zeus se troon dan ook was – ons sien dus weer hier die skynbare ooreenkomste wat gebruik word om die afgode met die ALMAGTIGE GOD, YHVH, DIE SKEPPER VAN DIE HEMEL EN DIE AARDE te probeer vergelyk. Die Romeine het hierdie selfde afgod Jupiter genoem. En VARKE is geoffer aan die afgode wat varke verkies het en dit is ook gebruik in die vrugbaarheids rituele.

Ons weet dat VARKE as ONREIN DIERE NIE aan YHVH geoffer kon word nie.  Ons lees reeds in GENESIS 7:2-9 dat Abba ‘n onderskeid maak tussen REIN en ONREIN diere en aan Noag opdrag gee om SEWE PARE van die REIN DIERE op die ark saam te neem en TWEE PARE van die ONREIN DIERE, en in Levitikus 11 en Deuternomium 14 word daar spesifieke riglyne gegee aan die volk om tussen REIN en ONREIN te onderskei sodat net van die REIN diere geëet sou word. En een van hierdie diere wat Abba aandui as ‘n ONREIN dier is ‘n VARK – lees Levitikus 11:7-8 en Deuternomium 14:6-8.

Die woord VARK word in die HAT Woordeboek omskryf as: “ ’n nie-herkouende soogdier met gesplete hoef. Die woord word ook gebruik in algemene spreektaal vir die beskrywing van ‘n MORSIGE, VUIL PERSOON, om grof te lieg, erg te oordryf en effens mal te wees, ander te besoedel of negatief te beinvloed deur slegte gewoontes (meng met die semels dan vreet die varke jou op), hard te skree soos ‘n maervark of te bly in ‘n plek wat baie morsig en vuil is – genoem ‘n VARKHOK. En varke eet enige iets en daarom word hulle kos genoem: VARKKOS en dui op minderwaardige (swakker gehalte) kos. En dan sien ons boonop in die gebeure waar Yeshua ‘n groot klomp bose geeste uit ‘n man genaamd Legio uitdryf, vra hulle Sy toestemming om ‘n trop VARKE te beset en Hy laat hulle toe (lees Markus 5:1-20). So was dit maar net toevallig? Of is ‘n ONREIN BOSE GEES, dalk GEMAKLIK in ‘n ONREIN DIER en dus ook in ‘n ONREIN MENS (‘n mense wat doelbewuste sonde doen, maak DEURE OOP in hulle lewens vir ONREIN GEESTE om in te kom – lees die WOORDE van WAARKUWING hieroor van GOD SELF aan KAIN in Genesis 4:4-7 omdat hy WOEDE, een van die VRUGTE van die VLEES volgens Galasiës 5:19-21, teen sy broer gekoester het in sy HART en ONGELUKKIG NIE na God geluister nie en sy broer Abel vermoor het. So hier sien ons dus die bose gees van WOEDE, aktiveer (maak wakker, hits aan, stook op) die bose gees van MOORD, net soos wat die bose gees van BITTERHEID, die bose gees van HAAT aktiveer (wakker maak, aanhits, op stook) wat dan lei tot EEN OF ANDER VORM VAN MOORD – FISIES of met die TONG. En in Kain se geval het PRESIES DIT GEBEUR! En is dit dan ook waarom YESHUA, SONDAARS wat HY VERLOS het van bose geeste TYDENS SY BEDIENING OP AARDE, GEWAARSKU het om NIE MEER TE SONDIG NIE sodat ‘n ERGER DING hulle NIE TREF nie (lees Johannes 5:14 en 8:11).

Dit kink dalk vir ons VREEMD maar in Yeshua se gelykenis van die ONBARMHARTIGE SKULDEISER in Mattheus 18:15-35, lees ons van ‘n SKULDEISER wat vir GENADE (VERGIFNIS en KWYTSKELDING VAN SY SKULD), vir homself kom vra by die KONING, en dit ontvang maar dan WEIER om vir iemand anders (sy eie skuldenaar) genade (vergifnis en kwytskelding) te gee, en dan word hierdie persoon oorgegee aan die PYNIGERS of FOLTERAARS (wat beteken om met wreedheid te pynig en te martel, ernstige geestelike leed te besorg, te kwel) om hom te folter en pynig TOTDAT hy AL SY SKULD aan die KONING TERUGBETAAL het en Yeshua ons Messias sê dan in vers 35 “So sal ook My hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte vergewe nie.” Hier sien ons dus duidelik dat BOSE GEESTE TOEGELAAT kan word om ons TE TEISTER en TE PYNIG as ons ONGEHOORSAAM is aan ABBA VADER. Ons sien ook hierdie beginsel toe God na koning Saul ‘n bose gees gestuur het (lees 1 Samuel 14:14) sowel as na koning Agab (1 Konings 22:22). EN Paulus gee ook ‘n man oor aan Satan in 1 Korinthiërs 5:5 wat hom skuldig gemaak het aan ernstige seksuele vergrype en so die gemeente se gehoorsaamheid (heiligheid) in gevaar gestel het. Lees ook Kolosense 1:16 en BESEF dan ons GOD YHVH is in BEHEER van ALLES en HY GEBRUIK dit TEN GOEDE tot SY DOEL en HY WAARSKU ONS OOR EN OOR in die WOORD om ander so LIEF te hê SOOS ONSSELF en aan hulle te DOEN wat ons aan ONSSELF GEDOEN wil hê (Mattheus 7:12 en Lukas 6:31).

Ons sien dit ook in die geval van KAIN – hy moes die GEVOLGE VAN SY EIE KEUSE EN AKSIE DRA, want een van Abba se BEGINSELS is: “Wat jy SAAI (plant) sal jy MAAI/ OES” (Job 4:8, Spreuke 22:8, Jeremia 12:13, Hosea 8:7 & 10:12-13, Galasiërs 6:7-8). En wat JY DOEN aan ANDER SAL AAN JOU GEDOEN WORD en daarom is SY OPDRAG om ander so LIEF te hê soos ONSSELF en aan hulle te DOEN WAT ons aan onsself GEDOEN WIL HÊ. En dit laat ‘n mens nou maar net wonder: PROBEER DIE WÊRELD SISTEEM (BABILON, soos dit in die Woord genoem word), DALK van ons ONREIN MENSE MAAK, met al die ONREIN PRAKTYKE, wat TEEN ABBA SE WET en VOORSKRIFTE vir VEILIGHEID en GELUKKIGE LEWENS VIR SY KINDERS IS, in ons KELE AF TE DRUK orals waar ons KYK en LUISTER, sodat ONREIN bose geeste ons kan kom folter en teister en ABBA SE HEILIGE GEES van ons AF WEG VLUG en SY VUUR so in ons UITGEBLUS word en dit DONKER en DUISTER is in ons AARDSE TENTJIES en ons dus BLIND word want NIEMAND kan sonder ‘n LIGGIE – ‘n kersvlam of ‘n flits – in die DONKER SIEN NIE! MAAR VIR WARE LIG benodig ons DIE GOD van LIG waarin GEEN DUISTERNIS is nie (1 Johannes 1:1-10).

En dan ook interessant, in die gelykenis van die VERLORE SEUN, soos vertel deur Yeshua en opgeteken in Lukas 15:11-32, VERLAAT die jongste seun Sy pa se huis en word in die WÊRELD SE PLESIERE VASGEVANG totdat AL SY GELD en waardigheid van hom verwyder is en hy eindig op in ‘n VARKHOK! Waar hy toe tot inkeer kom en belsuit om terug te keer na sy Pa se huis en sy Pa hom met ope arms ontvang net soos ons Hemelse Vader wanneer ons as ons verkeerde keuse/ ons sondes bely en terugdraai na Hom.

So wat het gebeur in die TWEEDE TEMPEL van God? GOD (YHVH) se VYANDE gebruik AFGODE en VARKE om Sy tempel, Sy Heilige (afgesonderde) woonplek te ONTHEILIG en ons weet God gaan nie in sulke omsandighede bly woon nie, so Hy vertrek. Eintlik het die volk lankal reeds weens hulle SONDE die teenwoordigheid van God verloor maar hulle het BLY VASKLOU aan ‘n PLEK VAN AANBIDING en deur die GODSDIENSTIGE “motions” (rituele) gegaan met YSKOUE HARTE.  Maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

Ons sien dan onder die leierskap van Judah Makkabeërs (ook genoem Maccabeus), ‘n dapper jong man met die noemnaam “hammer”, het die Joodse mense (afkomstig van die stam van Judah en Benjamin) ‘n guerrilla styl oorlog geveg teen die weermag van Antiochus. En alhoewel hulle in die minderheid was, het die Joodse rebelle ‘n ONGELOOFLIKE OORWINNING BEHAAL MET GOD SE HULP en die TEMPEL terug geneem (1 Makkabeërs 3:60, 4:23-25 en 56).  Op 25 Kislev (oor die periode van Desember op ons kalender) in die jaar 164 vC, het hulle die ontheiligde TEMPEL weer toegewy en offers volgens God se voorskrifte gebring soos weergegee in die Torah (Genesis tot Deuternomium).

Die mense het met GROOT VREUGDE en BLYDSKAP die FEES VAN TOEWYDING van die TEMPEL vir 8 DAE gevier.  Aan die einde van die fees het hulle ‘n dekreet uitgevaardig dat ‘n soortgelyke fees ELKE JAAR GEHOU MOES WORD en wat op 25 Kislev begin en 8 dae lank geduur het (lees 1 Makkabeërs 4:36-39). Dit was NIE een van die voorgeskrewe feeste van YHVH soos gespesifiseer in Levitikus 23 nie maar dit was jaarliks ‘n fees vol groot vreugde en word tot vandag toe gevier deur die stam van Judah en Benjamin (die Jode) en staan bekend as HANUKKAH wat TOEWYDING beteken.

Maar wat van die ander TIEN STAMME van ISRAEL, die sogenaamde NOORDRYK onder leiding van EFRAIM? Thomas, die skrywer van artikels op die Intenet op sy webblad, die LEWEGEWER is van mening dat dit moontlik is dat die wortels en betekenis van KERSFEES in die FEES VAN TOEWYDING ook genoem die FEES VAN LIGTE kan lê aangesien dit deur Israel gehou is lank voor ons Messias se geboorte.

SO MAG DIT DALK WEES DAT DIE TEMPEL TOEWYDING FEES/ FEES VAN LIGTE soos opgeteken in Johannes 10:22-39 dalk steeds vandag deur:

  • Die JODE (die stam van Judah en Benjamin), gevier word as Hanukkah (wat TOEWYDING beteken); en deur
  • Die TIEN VERLORE STAMME onder Efraim (as GELOWIGES in Yeshua die Messias), wat dit ONWETEND as KERSFEES vier?

Ons gesels in DEEL 3 verder oor die OOREENKOMSTE tussen die FEES VAN TEMPEL TOEWYDING en KERSFEES.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch

We are open to the public on appointment. You are welcome to come and visit us in Centrurion.

Conri Complex, Unit 2
He Brews Coffee Roastery

254 Glover Avenue, Lyttelton, 0157