DEEL 1:
19 November 2024
IS DAAR MOONTLIK ‘n VERBAND TUSSEN DIE TEMPEL WYDING FEES ook genoem die FEES VAN LIGTE (HANUKKAH in Hebreeus) en KERSFEES? – Johannes 10:22-39
ABBA VADER (YHVH) gee aan ons opdrag in DIE TORAH (Genesis tot Deuternomium), vir die vier van SY FEESTE, naamlik EEN WEEKLIKSE FEES, die SABBAT op die SEWENDE DAG en SEWE JAARLIKSE FEESTE. Al hierdie FEESTE het ten doel om vir ons SY VERLOSSING en REDDINGSPLAN vir die mens te verduidelik deur Yeshua ons Messias. Die EERSTE DRIE FEESTE het te make met YESHUA DIE MESSIAS SE EERSTE KOMS waartydens Hy ons kom vrykoop het van die mag van die sonde en die dood oor ons lewens deur die volle prys te betaal met Sy bloed aan die kruis, maar ons ook kom leer het hoe om te lewe volgens God die Vader se Woord en riglyne en daarna met Sy opstanding aan ons die belofte en bewys van die ewige lewe gegee het. Die VIERDE FEES is die uitstorting van die Heilige Gees wat deur die Vader gestuur is TIEN DAE na Yeshua ons Messias se hemelvaart en tans sit Hy aan die regterhand van God die Vader. Die Heilige Gees woon dus nou by en in ons as gelowiges en help ons om alles te onthou en te onderhou wat ons Messias ons kom leer het oor die Woord. FEES VYF TOT SEWE het te make met die voorbereiding vir Yeshua ons Messias se wederkoms. Ons vier dit jaarliks om seker te maak ons lampies vol olie is en ons gereed is om Hom te ontmoet wanneer Hy kom en ons saam met Hom in die 1000 jarige Vredesryk sal woon en werk en daarna saam met Hom en Abba Vader in die Nuwe Jerusalem vir ewig sal woon. (Die Feeste van YHVH is opgeteken in die Torah in Levitikus 23, Numeri 28-29 en Deuternomium 16).
So WAAR PAS KERSFEES DAN IN en waar is die OPDRAG dat ons dit moet vier? Baie mense vier dit as die GEBOORTE van YESHUA, maar die TYD van Sy geboorte is nêrens aangeteken nie. Wat wel aangeteken is, is die wonderlike gebeure en groot blydskap omdat Hy as Verlosser vir ons op aarde gebore is, maar daar is nerens ‘n aanduiding dat ons dit jaarliks moet vier nie…of is daar dalk?
In Johannes 10:22-39 lees ons oor die FEES VAN TEMPELWYDING (ook bekend as die FEES VAN LIGTE vir ‘n rede waarby ons later sal uitkom). Ons weet dat Yeshua ons Messias hierdie fees bygewoon het. Ons lees in hierdie gedeelte dat terwyl die fees vieringe aan die gang was, Yeshua genader is deur die Joodse rabbis wat aan Hom gevra het: “Hoe lank hou U ons nog in onsekerheid? As U die Messias is, sê dit vir ons ronduit (reguit, prontuit)” (Joh 10:24). En die antwoord op hierdie vraag word beskou as YESHUA SE TEMPELWYDING BOODSKAP waarvan ons lees in Johannes 10:25-30 waarin Hy duidelik vir hulle sê en herbevestig dat Hy die Messias is en dat Hy en die Vader EEN is. En ons lees hier verder dat die Joodse leiers (vanuit die stam van Judah en Benjamin), Hom wou stenig oor Sy woorde. Maar wat gaan hier aan? Hoekom word dit beskou as SY TEMPEL TOEWYDING BOODSKAP? En wat presies is die DOEL van hierdie FEES? Miskien moet ons BEGIN by die BEGIN en dit is om eers te verstaan wat is die BETEKENIS en BELANGRIKHEID van ‘n TEMPEL vir ABBA en wat beteken TOEWYDING van die TEMPEL.
Ons lees in die WOORD van hierdie GOD, YHVH wat van die begin af by Sy mense wou woon.
Eers is Hy by Adam en Eva in die TUIN VAN EDEN waar Hy aktief betrokke is by hulle doen en late NADAT Hy alles geskep het. Maar dan is hulle ONGEHOORSAAM aan Hom en DIT SKEI hulle van Hom want onthou, Hy is ‘n HEILIGE GOD – sonde kan nie in Sy teenwoordigheid inkom nie. Ons weet Sy HEERLIKHEID word beskryf as ‘n GROTER en MAGTIGER LIG as die son en daarom sal daar nie op die NUWE HEMEL EN AARDE ‘n son nodig wees nie soos ons lees in Openbaring 21:23 en 22:5. Ons weet die son is ‘n bal VUUR en as ons lank in die son bly kan dit ‘n mens letterlik STUKKEND BRAND en so word God ook beskryf as ‘n VERTERENDE VUUR (Deuternomium 4:23-24, 9:2-3 en Hebreërs 12:28-29). En geen onheiligheid – m.a.w geen sonde kan oorleef in Sy teenwoordigheid nie – dit verbrand onmiddelik. Daarom skei sonde ons van Hom want Hy sal ons in ons sondige toestand VERNIETIG as ons naby Hom kom Dus moes Hy aan ‘n manier dink hoe Hy steeds by Sy volk kon woon sonder om hulle te VERNIETIG. Ons lees mos dan ook in Openbaring 21:27 van die EWIGE KONINGRYK: “En daarin sal nie inkom iets wat verontreining (vuil gemaak, besmet, besoedel is) en gruwelikheid en leuens doen nie…”
In die Woord sien ons dan die REDE waarom Adam en Eva die TUIN VAN EDEN moes verlaat – Abba kon nie toelaat dat hulle in hulle sondige toestand eet van die BOOM VAN DIE LEWE en so EWIG LEWE nie (Genesis hoofstuk 3). Dus is hulle GESKEI van Abba Vader en daar moes ‘n WEG gevind word om hulle te reining van hulle sondes, en ons weet die PRYS VIR SONDE is DIE DOOD (Genesis 2:17 & 3:19, Romeine 5:12 en 6:23, 1 Korinthiërs 15:21-22) wat hulle nie sou kon betaal nie, die ENIGSTE WEG sou Yeshua die Messias se KOSBARE BLOED wees om hierdie DUUR PRYS vir hulle en hul nageslagte (die HELE WÊRELD) se sondes te betaal.
Maar waar pas die TEMPEL dan nou in? Wel Abba moes ‘n manier vind om GESKEI te wees van Sy mense sodat Hy hulle NIE VERNIETIG in hulle sonde nie maar ook om by hulle te wees en hulle te leer om die pad terug te vind na Hom deur HEILIG (dit beteken afgesonderd vir Hom) te leef. Want moet nooit vergeet nie, HY HET DIE MENS LIEF. Ons lees op baie plekke daarvan soos in Johannes 3:16, Romeine 5:8 en 1 Johannes 4:9. En as jy wonder hoekom – lees 1 Johannes 4:16 waar staan: ” GOD IS LIEFDE”. So ja dit is dan die REDE waarom daar ‘n TEMPEL moes wees waarin Hy ontmoet kon word op ‘n HEILIGE WYSE en dit is die rede vir die ontstaan van die PRIESTERS en al die REINIGINGS prosedures tot en met die koms van YESHUA ons MESSIAS.
Maar wat beteken die WOORD TEMPEL? Dit beteken volgens die HAT Woordeboek: ‘n GEWYDE GEBOU (aan God gewy of geheilig/ afgesonder vir Sy gebruik). En wat beteken die woord: TOEWYDING want ons sien met elke tempel in die WOORD is daar ook ‘n TOEWYDING/ INWYDING seremonie! TOEWYDING word omskryf as: “om iets met volle oorgawe oor te gee aan iemand, alles, jou lewe en jou krag en in God se geval Hom vurig (ywerig, met geesdrif, entoesiasme) te dien. En INWYDING beteken om die tempel met ‘n PLEGTIGE SEREMONIE in gebruik te neem.
Die EERSTE TEMPEL wat in die woestyn was waar die Isrealiete, asook ‘n menigde mense van gemengde bloed, die Engels praat van ‘n “mixed multitude” (m.a.w nie-Israeliete), in Eksodus 12:38, gewoon het na hulle uit Egipte GERED is deur GOD, het bekend gestaan as ‘n TABERNAKEL. ‘n Tabernakel word omskryf as ‘n HEILIGE TENT. Dit was dus ‘n TEMPEL wat van plek tot plek beweeg kon word saam met God se volk op hulle pad na die BELOOFDE LAND.
Ons sien dat die SPESIFIKASIE (m.a.w die BLOUDRUK) vir die BOU van hierdie TABERNAKEL sowel as die TOEBEHORE wat daarin gebruik moes word deur God self aan Moses gegee is (Eksodus 25-30, Handelinge 7:44 en 8:5). Daar word ook vertel in Eksodus 31:1-11 dat die mense wat die toerusting moes maak gevul is deur die Heilige Gees van God sodat hulle in staat sou wees om dit te maak PRESIES soos God dit wou hê.
En die INWYDING en TOEWYDING van die TABERNAKEL word in detail in Eksodus beskryf en in hoofstuk 40:34-38, sien ons hoe YHVH se HEILIGE TEENWOORDIGHEID die TEMPEL so vul dat Moses nie daarin kon ingaan nie.
DAARNA was daar TWEE geboude TEMPELS – die eerste ene ‘n pragtige tempel gebou deur Salomo – weer volgens noukeurige spesifikasies van God en ‘n PLEGTIGE INWYDING en TOEWYDING seremonie waarin ons ook ‘n pragtige TEMPELGEBED van SALOMO en sy seën van die gemeente lees en daarna word die TEMPEL FEESTELIK INGEWY! (Lees 1 Konings hoofstuk 5-8 asook 2 Kronieke vanaf hoofstuk 2-7). En ons sien weer hier net soos in die geval van die TABERNAKEL hoe God se heerlikheid die tempel vul en die priesters nie daarin kon ingaan nie en die hele volk het letterlik gesien hoe YHVH se VUUR van HEERLIKHEID op die TEMPEL neerdaal en hulle het op hulle gesigte op die grond neergeval en Hom aanbid en geprys: Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd! – lees 2 Kronieke 7:1-3.
God se magtige teenwoordigheid verlaat hierdie TEMPEL weens DIE VOLK SE SONDES en dit word geplunder en vernietig deur Nebukadneser in 587 vC – lees Esegiel 10:4 & 18, 2 Kronieke 36:7, 2 Konings 25:8-17, en Jeremia 52:17-23.
Maar hier gebeur nog iets van GROOT BELANG, net na Salomo se tyd skeur die TWAALF STAMME (wat ons aanvaar steeds die mense van gemengde bloed ingesluit het wat saam met hulle uit Egipte getrek het), in TWEE gedurende die regering van Salomo se seun Rehabeam weens sy pa se sonde – lees 1 Konings hoofstuk 11-12.
Nou hier is dit nodig om net weer te verstaan WIE ISRAEL IS want as ons dit misverstaan gaan ons GROOT DELE van die WOORD nie verstaan nie! Die TWAALF STAMME van ISRAEL SPLIT, soos reeds genoem, tydens die regering van Salomo se seun Rehabeam IN TWEE weens Salomo sy pa se ONTROUHEID AAN GOD (YHVH). En so het ‘n SUIDRYK en NOORDRYK ontstaan. Die SUID RYK het bestaan uit twee stamme, Judah en die kleiner stam van Benjamin en hulle het hulle gevestig in Judea met hul hoofstad JERUSALEM. Dit is die JODE waarna die Bybel in die Nuwe Testament verwys. In die Ou Testament word daar meestal na hulle verwys as JUDAH. Hulle het as gevolg van ongehoorsaamheid van tyd tot tyd in ballingskap gegaan maar altyd as ‘n volk bymekaar gebly en vandag kan hulle steeds onderskei word as die JODE. Die NOORDRYK wat bestaan het uit die ander TIEN stamme, het verenig onder EFRAIM – een van die stamme afkomstig van Josef se jongste seun wat in Genesis 48 geseën is deur sy oupa Jakob met die seën van die EERSGEBORENE om ‘n GROOT NASIE te word. Hulle het hulle gevestig in SAMARIA en met tyd het hierdie tien stamme VERSTROOI geraak tussen die ander nasies, met hulle VERMENG en VERGEET dat hulle deel van God se ISRAEL is. En dit is juis waarom YESHUA ons MESSIAS in Mattheus 15:24 sê: “Ek is NET GESTUUR na die VERLORE SKAPE VAN DIE HUIS VAN ISRAEL. Ons sien ook in Mattheus 10 stuur HY DIE TWAALF APPOSTELS UIT en Hy gee bevel in vers 5-6: “MOENIE gaan op die pad na die HEIDENE nie, en MOENIE ingaan in die STAD SAMARIA nie maar gaan LIEWER na die VERLORE SKAPE van ISRAEL.” Samaria was die hoofstad van die TIEN STAMME, so waaom is hulle afgeraai om daarheen te gaan as hulle dan die VERLORE SKAPE van die HUIS VAN ISRAEL is? Ons kry in 2 Konings 17:24 die antwoord! Ons lees hier: “En die koning van Assirië het uit BABEL en uit Kruta en uit Awa en uit Hamat en Sefarvaim MENSE (ongelowiges) INGEVOER en LAAT WOON in DIE STEDE VAN SAMARIA, in die PLEK VAN DIE KINDERS VAN ISRAEL: hulle het Samaria in besit geneem en in sy stede gewoon.” Gelukkig weet ons vandag ALLE GELOWIGES IN HOM wat ingeënt is in DIE BOOM VAN ISRAEL, volgens Romeine 11:17-32, is ABBA VADER SE ISRAEL want HY IS DIE GOD VAN ISRAEL – so mense MOET inënt om DEEL VAN SY VOLK te word. Terloops het jy al opgemerk – in die NUWE JERUSALEM is SLEGS TWAALF POORTE VIR DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL, GEBOU op die TWAALF FONDAMENTE (grondslag, beginsels) – dit is die TWAALF APOSTELS VAN DIE LAM! – lees Openbaring 21:12-14. Dus moet ons inënt op ABBA se ISRAEL as ons in ABBA se KONINGKRYK wil ingaan!
DIE TIEN STAMME onder EFRAIM het egter net soos ons ONTHOU wat hulle voorvaders hulle geleer het van God se Woord en hulle het dit natuurlik bly toepas maar met WYSIGINGS vanuit die ander kulture. En so het HEIDENSE (ongelowiges betrokke by ander klein letter gode), so ons kan dalk se AFGODSAANBIDDINGS PRAKTYKE ingesluip en deel geword van HULLE FEESTE en aanbidding van God wat DUIDELIK NIE MEER YHVH SE FEESTE WAS NIE, maar ‘n vermenging en verdraaing. EN so eet hulle toe van die BOOM VAN GOED EN KWAAD. In die Ou Testament word daar na die TIEN STAMME gesamentlik as EFRAIM verwys terwyl hulle in die Nuwe Testament GELOWIGES genoem word as hulle YESHUA DIE MESSIAS aangeneem het as hulle REDDER en VERLOSSER.
Kores gee opdrag vir die bou van die TWEEDE TEMPEL en dit word herbou onder Serubabel en in gebruik geneem in 515 vC en later word hierdie selfde TEMPEL deur Herodes TOT GROTER GLORIE herstel (lees Esra hoofstuk 1-6 en Johannes 2:20).
Die toewyding en inwyding van hierdie TEMPEL word met groot dankbaarheid en vreugde gedoen nadat dit 21 jaar geneem het om te voltooi. (Lees Esra 6:16-18). En daarna het Herodes dit verder herstel en opgeknap in nog ‘n paar dekades soos ons lees in Johannes 2:20, 46 jaar.
En na die laaste Boek van die OT is daar ‘n STIL PERIODE van 400 jaar voordat ons in die Nuwe Testament lees van Yeshua die Messias se geboorte. En alhoewel hierdie selfde TEMPEL bestaan het in die tyd van Yeshua ons Messias se lewe op aarde het daar iets met die TEMPEL gebeur VOOR Yeshua se geboorte wat veroorsaak het dat dit weer gereinig en toegewy moes word aan God die Vader en dit is die OORSPRONG van die TEMPEL WYDINGSFEES waarvan ons lees in Johannes 10:22. En dit is HIERDIE FEES wat in alle waarskynlikheid iets te doen het met KERSFEES soos ons dit vandag noem en ken. En ons gesels meer daaroor in DEEL 2.