ONS ONDERSOEK DIE MOONTLIKE VERBAND TUSSEN DIE TEMPELWYDING FEES OOK GENOEM DIE FEES VAN LIGTE (HANUKKAH in Hebreeus) EN KERSFEES – Johannes 10:22-39
19 November 2024
VOORWOORD
Liewe Leser,
Voordat jy die boodskap lees, moet ek eers ‘n paar dinge verduidelik wat die boodskap meer verstaanbaar sal maak.
EERSTENS wonder jy dalk hoekom ‘n KOFFIE ROOSTERY artikels oor GELOOF SAKE skryf. Wel dit is omdat ons DIE WOORD ELKE DAG EET EN DRINK en GENIET as deel van ons DAAGLIKSE ROETINE soos wat ons VARS GEROOSTERDE KOFFIE en GOEIE KOS DAAGLIKS GENIET. En die GOEIE NUUS is: ABBA se LEWENDE WATER EN BROOD is VERNIET vir ons ALMAL en daarom is jy WELKOM om soveel te eet van SY WOORD van ons KOFFIE-WEB-TAFEL af as wat jy wil en wanneer jy GOED GEVOED en VERSADIG is – ook met ander te deel!
Al is koffie hoe lekker – besef ons terdeë: HEERLIKE KOFFIE “is for a day” m.a.w NET TYDELIK DAAR VIR ONS OM TE GENIET, maar die LEWENDE WATER VAN GOD “is for keeps!” – VIR EWIG.
TWEEDENS wil ons jou verseker dat hierdie boodskap NIE bedoel is om enige persoon seer te maak, skuldig te laat voel, aan te val of op ENIGE WYSE te benadeel nie, INTEENDEEL, ons beskou hierdie boodskap as deel van die TYD WAARIN ons LEEF – die UITROEP in die MIDDERNAGTELIKE URE na MEKAAR om WAKKER TE WORD en die DUISTERNIS se MISLEIDING RAAK te SIEN, EERSTENS in ons SELF – ons eie harte en gedagtes, eie keuses wat ons maak met ons vrye wil, ons eie gesinne, ons eie huise waarin ons woon. En te BESEF en VERSTAAN dat ons daaruit kan ONTSNAP met die KRAG en OUTORITEIT van die WONDERLIKE, ALMAGTIGE GOD, die SKEPPER van HEMEL en AARDE en ALLES daarop en dus ook die EIENAAR van jou en my, die EEN wat ons SY KINDERS noem, die EEN wat nie net LIEFDE GEE nie, MAAR SELF DIE LIEFDE IS (1 Johannes 4:16), die God van Abraham, Isak en Jakob – die WARE GOD van ISRAEL. EN wanneer ons dan volkome in die LIG loop saam met Hom, kan ons ander help om dieselfde pad te stap NA SY WONDERLIKE LIG (1 Johannes 1:1-10).
MOONLTIKE VRAE WAT MAG ONTSTAAN:
IS ONS JODE?
Nee ons is nie van die STAM VAN JUDAH en BENJAMIN (vandag genoem die JODE) nie. Maar hulle is BESLIS ons BROERS en SUSTERS in ons MESSIAS YESHUA wat met SY KRUISDOOD die SKEIDINGSMUUR tussen ons (nie-Jood) en hulle (Jood) kom afbreek het soos wat ons lees in Efesiërs 2:1-22.
ABBA VADER het ons in 2017 GEROEP om terug te kom na SY OU PAAIE, daardie paaie waarvan ons lees in Jeremia 6:16 “Staan op die WEË (DIE KRUISPAD), en KYK en VRA na die OU PAAIE, WAAR TOG DIE GOEIE WEG IS, EN WANDEL DAARIN (loop, leef daarvolgens); en julle sal RUS VIND vir julle SIEL (dit beteken rus vind in jou gedagtes en jou HART, jou emosies). En ons het gevind hierdie AANBEVELING van ons HEMELSE VADER is ‘n WONDERLIKE REIS waarop ‘n mens kan gaan en jy kyk nooit weer terug en verlang nooit weer terug na die wêreld se pad waarop jy was nie!
YESHUA ONS MESSIAS praat dan later oor HIERDIE GOEIE WEG in Lukas 24:25-31 wanneer Hy NA SY KRUISDOOD en OPSTANDING in SY VERHEERLIKTE LIGGAAM verskyn aan die TWEE MANS op die PAD NA EMMAUS en aan hulle verduidelik dat ALLES wat met HOM gebeur het in lyn is met wat opgeteken is in MOSES (dit is Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE wat as die KERN van die WOORD van God beskou word), en die PROFETE (al die profesieë oor SY geboorte, kruisiging en opstanding – die REDDER en VERLOSSER van die mens), en ons sien dat HIERDIE INLIGING aan hulle soveel INSIG gee dat hulle oë (nou dis natuurlik hulle GEESTELIKE OË, so ons kan sê, HULLE VERSTAND, OOPGAAN), wanneer hulle SAAM MET HOM AAN TAFEL SIT en HY DIE VADER DANK en hulle SAAM BROOD eet! ONTHOU, YESHUA IS DIE BROOD VAN DIE LEWE – so as ons van HIERDIE BROOD EET ELKE DAG, SAL ONS OË ook OOPGAAN en dit is wat met ons gebeur het!
Ons lees ook hierdie merkwaardige gedeelte ‘n paar verse later in Lukas 24:44-45 wanneer Hy aan die apostels verskyn kort voor SY HEMELVAART en Hy saam met hulle iets eet en sê: “Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, DAT ALLES WAT OOR MY GESKRYWE IS in die WET (TORAH in Hebreeus) van Moses (m.a.w soos neergeskryf deur Moses – lees Eksodus 24:3-4 & Deuternomium 31:9), en DIE PROFETE en DIE PSALMS, VERVUL MOET WORD. Toe OPEN HY HULLE VERSTAND om die SKRIFTE te verstaan.”
Hierdie vers, in LUKAS 24:45 is ook ons GEBED vir ONS EN VIR JOU!
Ons weet verder Paulus het ook BESLIS hierdie GOEIE WEG ontdek en gevolg en verkondig (lees sy GETUIENIS oor SY BEKERING/ ONS kan sê SY ONTMOETING met YESHUA die MESSIAS in Handelinge 9:1-19, 19:9, 22:4 & 24:14 -22).
Die NAME van GOD:
In hierdie boodskap is die NAME van God gebruik soos ons dit verstaan en verkies. Ons bid dat jy nie in die SLAGGAT van die bose een sal trap om só te fokus op die “korrekte” Name, dat die WAARHEID in hierdie boodskap verlore gaan vir jou nie.
DIE WOORD GOD word in hierdie boodskap gebruik as die ALGEMENE WOORD in AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS wat die meeste mense verstaan soos OMSKRYF in die WOORD SELF as: DIE ALMAGTIGE GOD, die SKEPPER van HEMEL en AARDE en ALLES daarop en dus ook die EIENAAR van jou en my, die EEN wat ons SY KINDERS noem, die EEN wat nie net LIEFDE GEE nie, MAAR SELF DIE LIEFDE IS (1 Johannes 4:16), die God van Abraham, Isak en Jakob/ Israel, wat Homself noem die GOD van ISRAEL.
Die HEBREEUSE NAAM van God die Vader word gebruik, naamlik die HOOFLETTERS: YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh). Dit is die HEBREEUSE letters van SY NAAM wat niemand meer vandag weet hoe om uit te spreek nie want die klinkers is uitgehaal deur die OU TESTAMENT JOODSE Bybelskrywers (mense uit die stam van Judah en Benjamin), reeds duisende jare gelede omdat hulle bang was hulle oortree die 3de GEBOD wat ons VERBIED om SY NAAM ydelik (ligsinnig, nie ernstig nie, sonder eerbied) te GEBRUIK. Dit is hierdie LETTERS – YHVH wat in die oorspronklike Hebreeuse boekrolle opgteken staan en in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS met die Woord: HERE in hoofletters aangedui word wat basies MEESTER beteken.
Die woord ABBA, (wat die Aramese Woord vir Pappa is), en in drie Skrif gedeeltes voorkom word ook gebruik. Naamlik in Romeine 8:15 waarin ons lees: ”Want julle het nie ontvang ‘n (kleinletter) gees van SLAWERNY om weer te VREES nie MAAR julle het ONTVANG die (hoofletter) GEES (dit is die HEILIGE GEES) van AANNEMING TOT KINDERS, deur WIE ONS ROEP: “ABBA!”.
Ons lees ook in Markus 14:36 dat YESHUA DIE SEUN van GOD, HOM genoem het ABBA VADER in Sy diepste nood waar Hy bloed gesweet het voor die KRUISIGING waarin die STRAF vir die HELE WERÊLD se SONDE op HOM sou neerkom, om in ons plek te sterf vir ons sondes. En PAULUS verduidelik dan ook in Galasiers 4:6: “…en omdat julle KINDERS is, het GOD (die Vader) die GEES van SY SEUN (YESHUA – dus die HEILIGE GEES), in julle HARTE UITGESTUUR, en HY ROEP: ABBA VADER! Dus glo ons dat ons Hom, as Sy kinders, “ABBA en ABBA VADER” mag noem.
Die HEBREEUSE Naam van YESHUA die MESSIAS, soos algemeen aangedui in die HEBREEUSE GESKRIFTE om die VERLOSSER en REDDER van die wêreld te beskryf word gebruik in hierdie boodskap in plaas van die GRIEKSE VERTALING: “IÈSOUS CHRÌSTÒS” wat in Afrikaans vertaal is na JESUS CHRISTUS. Ons noem HOM ook RABBOENI – weereens die HEBREEUSE vorm vir LEERMEESTER, eintlik, “my GROTE LEERMEEESTER” (lees Johannes 20:16-18) – bloot omdat die WOORD vir ons spesiale betekenis het.
Hierdeur word GEENSINS vir jou voorgeskryf dat jy ons KEUSE van SY NAAM hoef te volg nie. Die HEILIGE GEES sal jou self hieroor lei en mag en moet jy gebruik soos HY jou leer en jy gemaklik voel.
DIE HEBREEUSE WOORD “TORAH”:
GROOT insig het gekom met die BESEF dat die EERSTE VYF BOEKE van die BYBEL bekend staan as DIE TORAH (dit is GENESIS tot DEUTERNOMIUM), en in ons Afrikaanse Bybel weergawes vertaal is met: die WET van GOD (soms genoem die WET van MOSES, omdat dit deur Moses ontvang is van God en met sy mens hande opgeteken is soos ons lees in Deuternomium 31:9. Ons sien dus die TORAH as die HART van GOD se WOORD en NIE as iets wat MOSES op sy eie uitgedink en geskryf het nie. Ons verstaan ook dat DIE TORAH en die OPSOMMING van HIERDIE WET, algemeen bekend as die TIEN GEBOOIE aangedui in Hebreeus as MITZVOT, die FONDASIE van GOD SE TROON en HEERSKAPPY is. Op aarde eers verteenwoordig in SY VERBONDSARK wat geplaas moes word in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die TABERNAKEL en later die TEMPEL waar HY met mense ontmoet het en LATER in die HEILIGE GEDEELTE, die HART verteenwoordigend van SY TROON, in ons as SY MENS TEMPELS opgeskryf is en dat dit SY WIL is dat ons SY WET (TORAH opgesom in die TIEN GEBOOIE), MOET GEHOORSAAM, net soos wat ‘n mens die LAND se WETTE waarin jy woon moet GEHOORSAAM om almal (die HELE VOLK) se VEILIGHEID te verseker.
DIE BYBEL VERTALINGS:
Ons glo die HELE SKRIF as waar en dat YHVH SY WOORD self BESKERM – HY het immers dit al gedoen vir BYNA 6000 JAAR! Die ENIGSTE BOEK waarvan ons dit kan sê! En ons lees mos in die WOORDE van ons MESSIAS in Mattheus 5:18, 24:35, Markus 13:31 en Lukas 21:33 Die hemel en die aarde SAL VERBYGAAN, maar MY WOORDE sal NOOIT VERBYGAAN NIE.”
Ons reken dus HY IS GROOT EN ALMAGTIG en ALHOEWEL daar verseker gepeuter word deur al die EEUE aan SY WOORD deur Satan en sy die bose magte, het YHVH ‘n MEGANISME INGEBOU in SY WOORD om SY BEDOELING vir ons BEHOUE te laat bly. HY het TWEE of MEER GETUIES vir ALLES wat HY BEVEEL en SÊ! (Lees Deuternomium 19:15, Johannes 8:17-18, Mattheus 18:16, 2 Korinthiërs 13:1, 1 Timotheus 5:19, Hebrëers 10:28 en Openbaring 11:3). Hoe belangriker ‘n saak is HOE MEER GETUIES is daar. Maar net DIE WAT DIT SOEK, sal die WAARHEID VIND! Hy se in verskeie gedeeltes in SY Woord as ons HOM SOEK MET ONS HELE HART, SAL ONS HOM VIND (lees Jeremia 29:12-13, Spreuke 8:17, Mattheus 6:33, Lukas 11:9 en Hebrëers 11:6). En dit is INDERDAAT ons BELEWENIS. Ons verkies egter die 1933 VERTALING, maar soms is die OU AFRIKAANS waarin dit geskryf is moeilik om te verstaan en gebruik ons ander VERTALINGS en SELFS die HAT WOORDEBOEK om die BETEKENIS van die WOORDE duideliker te maak. Ons gebruik ook die JEWISH STUDY BIBLE – INSIGHT FOR JEWS & CHRISTIANS, weereens vir die EENVOUDIGE REDE om seker te maak ons verstaan die WOORDE wat aanvanklik in HEBREEUS opgeskryf is.
KLEM OP SEKERE SKRIFGEDEELTES OF WOORDE
Klem word op sekere Skrif gedeeltes gelê deur die gebruik van hoofletters, vet letters (“bold text”) en onderstreping om inligting makliker en vinniger te lees en begrip daarvan te verbeter.
Die FORMAAT van hierdie boodskap:
Dit het ontstaan as ‘n BOODSKAP wat in SES DELE oor SES DAE geskryf en gekommunikeer is in audio formaat op WHATSAPP GROEPIES wat al ongeveer SES JAAR gebruik word om saam met ‘n KLEIN HOEVEELHEID mense, wat belangstel, die WAARHEID van YHVH se WOORD te BESTUDEER en te DEEL op weeklikse basis.
Op daardie stadium het ons nie enigsens gedink dit sal ‘n dokument formaat aanneem nie, maar toe ons besef wat alles OPGETEKEN is IN ABBA SE WOORD oor hierdie onderwerp, het ons besef ons KAN en MAG hierdie KOSBARE WAARHEDE, DIE SKATTE soos UITGEHAAL in die ONUITPUTLIKE SKATKIS VAN SY WOORD, met SY GENADE en LEIDING, INSIG en WYSHEID waarin ons as BLOTE MENSE ver tekort skiet, NIE vir onsself hou nie! Ons het GEEN FORMELE BYBEL OPLEIDING nie. Ons is in die SKOOL VAN DIE ALMAGTIGE GOD, ons ABBA VADER, se HEILIGE GEES wat ons ELKE DAG LEER en LEI soos ons mos lees in Johannes 14:26, Mattheus 10:19-20 en 1 Johannes 2:27. En ons WIL HOM GEHOORSAAM VOLG want in ons NABY loop aan Hom, SIEN ONS SY HEILIGHEID, SY SKOONHEID en SY ONBESKRYFLIKE GROOTHEID en GOEDHEID en SY ONEINDIGE LIEFDE vir die mens – dit is vir ALLE MENSE en dus ook VIR JOU en vir MY.
En SY SEËNINGE – veral om treetjie-vir-treetjie saam met HOM SY WOORD te ONTDEK en die WONDER daarvan te BESEF is die KOSBARSTE en WONDRBAARLIKSTE REIS wat ENIGE MENS OOIT sal onderneem op hierdie aarde. Ons het persoonlik ervaar die laaste ongeveer SEWE JAAR van ons lewens – hoe SLAWERNY aan die VLEES, deur SY GENADE VERANDER word in OORWINNING IN SY GEES! EN dit is vir ELKE MENS moontlik, ONGEAG van WAAR JY NOU IS of WAAR JY WAS want HY is die WONDERWERKENDE GOD – die EEN wat ALLES wat KROM EN SKEEF is in ons AARDSE TEMPELS (liggaam, siel en gees), en alles wat VERDRAAI en VERMINK is in die PROSES van die LEWE te VERANDER en TEN GOEIE VIR ONS TE LAAT MEEWERK VIR DIE WAT HOM LIEFHET en GEROEP is tot SY DOEL vir hulle LEWENS (Romeine 8:28). Hierdie gedeelte spruit voort uit Josef se woorde in die TORAH in Genesis 50:19-21 aan sy broers na hulle pa Jakob se dood wat hulle bang was vir wat Josef aan hulle gaan doen as gevolg van wat hulle ALLES aan hom gedoen het want hulle KEN NATUURLIK die SAAI (plant) en MAAI (oes) BEGINSEL wat YHVH die SKEPPER ingestel het op hierdie aarde om REGVEDIGHEID te handhaaf sodat ELKEEN kry wat hy verdien. Maar JOSEF KIES om hulle te VERGEWE juis omdat GOD al die sleg wat hulle vir hom beplan het TEN GOEDE LAAT UITWERK het en daardeur GESORG het dat ‘n groot volk (die hongersnood) oorleef het.
DIE SES DELE SE TEMAS IS SOOS VOLG:
DEEL 1: IS DAAR MOONTLIK ‘n VERBAND TUSSEN DIE TEMPEL WYDING FEES ook genoem die FEES VAN LIGTE (HANUKKAH in Hebreeus) en KERSFEES? – Johannes 10:22-39.
DEEL 2: ABBA VADER (YHVH) SE TEMPEL versus AFGODSTEMPELS.
DEEL 3: DIE OOREENKOMSTE TUSSEN DIE FEES VAN TEMPEL TOEWYDING en KERSFEES.
DEEL 4: YESHUA die MESSIAS, DIE VOLMAAKTE TEMPEL VAN GOD DIE VADER en dus DIE KERN van die FEES VAN TOEWYDING.
DEEL 5: DIE MENS AS GOD SE TEMPEL.
DEEL 6: MISLEIDING wat in die TEMPELWYDING FEES INGESLUIP HET het onder die NAAM: KERSFEES.
Die DELE volg soos BOUBLOKKIES op mekaar. So VERKIESLIK moet JY ALLES IN VOLGORDE LEES as jy die VOLHEID daarvan wil VERSTAAN.
Die TAALVERSORGING en STUKTUUR:
Alhoewel sorg geneem is om taal en spel foute so ver as moontlik te voorkom is die FOKUS en DOEL van hierdie dokument nie om ‘n PERFEKTE, TAAL KORREKTE DOKUMENT by jou uit te bring nie. Die FOKUS en DOEL is eerder om met ‘n DRINGENDHEID en met GROOT PASSIE en LIEFDE ons ALMAGTIGE GOD en HEMELSE VADER se WAARHEID van SY WOORD aan ander te bring wat op hulle beurt, met die GAWES en TALENTE wat Hy aan hulle gegee het, dit hulle eie te maak en die WAARHEID verder te neem soos en hoe die Heilige Gees van God hulle self lei.
Sien dus asseblief hierdie boodskappe as ‘n ABBA-werk-deur-‘n-tenjie-met-gate waardeur SY LIG KAN SKYN of as jy verkies – ‘n gebeekte kruikie wat weer gelap is met stukkies wat weg is – na ANDER kan skyn soort boodskap. Dis nie volmaak geskryf nie, maar die INLIGTING is verskaf deur die EEN wat VOLMAAK IS se WOORD en SY LEIDING.
Dit kom soos PLAASBROOD, EENVOUDIG en VARS uit die oond op jou ouma se plaas, gebak met die GROOTSTE LIEFDE en SORG vir jou sodat jy dit kan GENIET, EET, GEVOED en VERSADIG word en dan weer kan UITDEEL aan ander HONGER SIELE wat na HOM en SY WAARHEID SOEK.
EN DAN LAASTENS MAAR BAIE BELANGRIK – VERGEET VAN MY, DINK NET aan HOM en LUISTER wat HY vir jou wil sê!
Ek was maar net ‘n TENTJIE, vol GATE soos alle ander mense – verniel deur die lewe totdat ek ONTDEK het WARE LEWE, VREDE en GELUK lê NIE in MY nie en ook NIE in ander MENSE of DINGE NIE, dit lê in HOM. As ek dus my tentjie BINNEKANT mooi uitvee deur GEHOORSAAMHEID aan HOM – kom HY in met die WONDERBARE VUUR van SY HEILIGE GEES en STEEK HY SY LIG in my en ander MENSE AAN DIE BRAND – HY KOM DOOP ONS MET DIE HEILIGE GEES en met VUUR (Mattheus 3:11, Lukas 12:49, Maleagi 3:2 en Handeling 2:3). En dit is JUIS deur DAARDIE GAAITJIES wat SY WONDERBARE LIG SKYN en WAT ONS VOLKOME GENEES (herstel, gesond maak, bevry, vry maak) sodat ons in staat is om BLYDKSAP en DANKBAARHEID te voel oor ons gaatjies wat HY in ‘n WONDER MOOI TENTJIE OMSKEP VOL VAN SY LIG, SY VUUR. En ons vind dat ons gaaitjies verdwyn in SY WONDERBARE LIG en HIERDIE LIG SKYN SO HELDER, SO SIGBAAR, dat ANDER MENSE, wat nog in die DUISTERNIS rondtas, dit kan RAAKSIEN en HOM KAN VIND! So DIE GOEIE NUUS IS: Hoe meer gaaitjies ons gekry het op die ROWE GRONDPAD VAN DIE LEWE, VOL SKERP KLIPPE, HOE DUIDELIKER KAN SY LIG, SY HEERLIKHEID en SKYNENDE KRAG deur ons werk AS ons KIES om HOM in te NOOI! (Dit is ‘n vervulling van Romeine 8:28).
Paulus se woorde in 1 Korinthiërs 3:5-8 is baie belangrik om te onhou in ons werk vir ons KONING – ons is net DIENAARS soos Abba aan ons ELKEEN GEE om dit te WEES (deur die GAWES wat ons ELKEEN van Hom ontvang het waarvan ons lees in 1 Korinthiërs 12:1-13. Ons PLANT en ons GOOI NAT, MAAR NET HY KAN LAAT GROEI! Daarom is ons ONBELANGRIK, en HY BELANGRIK. HOOR en BESEF asseblief die verskil ONS IS NIE ONBELANGRIK in die sin van WAARDELOOS nie – MENSE is SO KOSBAAR en WAARDEVOL vir ons GOD en VADER dat HY in die VORM van SY SEUN YESHUA in ons PLEK kom sterf het! Ek dink ons kan verstaan dit doen jy nie sommer net as jy nie BAIE OMGEE en BAIE LIEFHET nie. En ons is verseker daarvan, alhoewel ons sondes ons van Hom kan skei, kan NIKS ons van SY LIEFDE vir ons SKEI NIE en kan SY LIEFDE VIR ONS NOOIT OPHOU NIE (Romeine 8:35-39).
Mag ons ALMAL en AL ONS GELIEFDES, soos LASARUS in die GRAF, YESHUA ons MESSIAS se ROEPTEM HOOR sodat ons DOOIE mens SIELE kan OPSTAAN en UITKOM uit daardie graf en kan LEWE in OORVLOED soos ABBA VADER en ons MESSIAS YESHUA dit vir ons BEDOEL het.
Ek noem jou my MEDEMENS en NIE MEDEGELOWIGE NIE, want ek GLO, ABBA het hierdie boodskap nie net vir GELOWIGES bedoel nie, maar vir ALLE MENSE wat VERDWAAL het en nog TYD het om WAKKER te word en na Hom te soek. EN DOEN DIT SEBLIEF NOU, terwyl dit nog VANDAG is! (Hebreers 3:7 & 15 en Psalm 95:6-7).
Vriendelike Groete.